KFC-voorval: Drie in hof

Drie mans van Pretoria wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn egpaar in Montana aangerand het, het Vrydag in die landdroshof in Pretoria-Noord verskyn. Landdros Motlhoki Rapulana het na die mans se aansoek om borgtog geluister en gesê sy het tyd nodig om die bewyse te bestudeer, voordat sy haar besluit op 30 Augustus bekend sal maak. Staatsaanklaer Ronnie Sibanda voer aan die mans moet nie vrygelaat word nie, aangesien hul veiligheid nie gewaarborg is nie en ʼn gevoel van vrede in die gemeenskap ondermyn kan word. “Die aansoek om borgtog moet ook in die belang van die publiek wees, aangesien die voorval in die publieke arena plaasgevind het.” Stephan Nel (39), Joshua Scholtz (21) en Dicky Junior van Rooyen (21) staan tereg op aanklagte van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en die rig van ʼn vuurwapen. Hul een medebeskuldigde, Marius Harding (23), het sy aansoek om borgtog laat vaar en nog ʼn beskuldigde, Ockert Muller (20), se aansoek om borgt…
Read more
  • 0

Seun vas oor bedrog van R93 miljoen, pa in hof oor korrupsie

Tseko Mojalefa Rabotho (29) het Vrydag in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Pretoria verskyn op aanklag van korrupsie. Rabotho is op 17 Augustus deur die Valke in hegtenis geneem op aanklag van bedrog, korrupsie en geldwassery ten waarde van R93 miljoen, het lt.kol. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, gesê. Hy het aanvanklik op 21 Augustus in die hof verskyn waar dit aan die lig gekom het dat hy ʼn aantal bates, insluitend twee luukse eiendom en 19 motors, bekom het, wat nooit gefinansier is nie. “Net voor Rabotho Donderdag vir sy aansoek om borgtog in die hof sou verskyn, wou sy pa, Jackie Nicholas Rabhoto (57) die ondersoekbeampte by die Valke se kantoor in Pretoria glo met R52 000 kontant omkoop,” het Netshiunda verduidelik. “Hy is dadelik in hegtenis geneem. Hy het ʼn verdere R48 000 kontant in sy besit gehad.” Jackie het Vrydag in die hof verskyn op aanklag van korrupsie. Die twee mans moet weer op 31 Augustus in die hof verskyn.
Read more
  • 0

Pretoria Commuters get some relief as Taxis expected to operate normally

Tshwane commuters can expect some relief as taxis are expected to operate normally this morning. On Wednesday, operators blocked several roads causing massive delays while protesting to the Tshwane House to submit a memorandum to Mayor Solly Msimanga. Among the issues raised by the drivers is that traffic contravention tickets be scrapped. Taxis in the Tshwane area are expected to function without any hiccups at least for the next two weeks. The Democratic Taxi Workers Union of South Africa (Detwusa)’s Themba Maseko says the government is responsible for providing taxi infrastructure, including pick-ups and drop offs. He says drivers should not be fined for government’s failure. “Our demands are the scrapping of the traffic fines because those fines block our PDPs and driver’s licenses and we can’t drive passengers without our PDPs.” Maseko says the fines amount to hundreds of thousands of rands which prevent some drivers from renewing their public drivers’…
Read more
  • 0

Boerevolk Politieke Gevangenes nader Grondwethof weens onwettige aanhouding en reg op appèl wat ontneem is

So vroeg as reeds April 2002 is van die Boeremagbeskuldigdes gearresteer.  Op 19 Mei 2002 het die rekord-hofsaak begin, wat vir die volgende meer as elf jaar sou voortduur in die Hooggeregshof te Pretoria.  Die hoofaanklag waarvan 24 manne beskuldig was, is hoogverraad.  Terwyl sommiges borg gekry het, onder uitermatig streng borgvoorwaardes, het elf van die aangeklaagdes vir 11 jaar lank in aanhouding gebly en is borg eenvoudig geweier.  Almal (behalwe twee wat oorlede is in die tyd van die maraton-hofsaak) is skuldig bevind aan hoogverraad en is verskeie vonnisse opgelê op 28 Oktober 2013.  Die opmerking van regter Eben Jordaan dat hy die 11 jaar wat hulle in aanhouding as deel van hulle vonnisse in berekening gebring het, het bloot lippediens geblyk, nadat hy sommige van die veroordeeldes tot nóg 25 jaar effektiewe tronkstraf opgelê het. Die uitermatige streng borgvoorwaardes waaronder sommiges gebuk gegaan het, blyk ook nie deur Jordaan in berekening gebring te wees, as…
Read more
  • 0