AfriForum onthul skokkende nuus: 56 wit skoolmeisies weens ras uit Gauteng-netbalspanne gelaat

Die burgerregteorganisasie AfriForum het in Pretoria bekend gemaak dat dié organisasie die keurders vir die Gautengse o.12- tot o.18-skolespanne se puntestate bekom het. Dié puntestate bewys dat 56 wit meisies, wat volgens die keurders se beoordeling op meriete vir die spanne gekies moes word, egter weens hul ras uit die spanne gelaat is. AfriForum het reeds namens 12 van die benadeelde meisies se ouers amptelike klagtes by Netbal Suid-Afrika (NSA), Suid-Afrikaanse Skolenetbal (SASN) en Gauteng Skolenetbal (GSN) ingedien. Dié klagtes eis onder meer dat rassekwotas afgeskaf moet word en dat die benadeelde meisies skriftelik erkenning van GSN moet kry dat hulle wél op meriete gekies moes word. (Die volledige klag en die keurders se puntestate word hierby aangeheg.) AfriForum en die ouers het in hul klagtes aan die bogenoemde netbalinstellings aangedui dat, sou daar nie binne 14 dae aan hul eise voldoen word nie, ’n amptelike klag van rassediskriminsaie teen NSA by die I…
Read more
  • 0

Two more suspects arrested in connection with Mamelodi pre-school robbery

Gauteng police have arrested two more suspects in connection with the robbery of international students at a pre-school in Mamelodi East, Pretoria, earlier this month. According to police spokesperson Brigadier Mathapelo Peters, one of the suspects was arrested in Limpopo on Friday while the other was caught in Mpumalanga on Saturday. Eighteen students and two professors from the US, who were on an outreach visit at the Viva Foundation School in Mamelodi East, were attacked and robbed by five armed suspects two weeks ago. Service Maimela, 30, was arrested a few days later at the Pienaarspoort informal settlement in Mamelodi East. He appeared in the Mamelodi Magistrate's Court last Monday on charges of robbery, attempted murder and assault. The matter was postponed to Monday, May 27 for further investigations, said Peters. Peters said the police were still processing the dockets of the two additional suspects, adding that they were most likely to appear in co…
Read more
  • 0

Groot grondeis in Pretoria teengestaan

Die sakeregtewaghond AfriSake het onlangs weer ingegryp om ʼn groot grondeis ten opsigte van eiendomme in die ooste van Pretoria teen te staan. Volgens AfriSake het sy regspan onlangs ’n voorverhoorvergadering oor die Lekhuleni-grondeis by die grondeisehof in Randburg bygewoon. Armand Greyling, regs- en beleidsontleder by AfriSake, het gesê die voorverhoor het meestal gefokus op die oplos van kwessies wat tydens die verhoor gehanteer sou moes word. Die verhoor sal waarskynlik later vanjaar begin, het Greyling gesê. “Dit beteken dat slegs finale beëdigde verklarings geliasseer moet word, aangesien die aangeleentheid gereed is om verhoor te word. AfriSake eis dat die grondeisehof se beslissing dat die Lekhuleni-eis geldig is, tersyde gestel word omdat die administratiewe diskresie in hierdie geval slegs by die grondeisekommissaris berus,” het hy verduidelik. Greyling meen dit blyk dat hierdie eis opportunisties en soortgelyk is aan die Bakwena ba Mare a Phagole- of …
Read more
  • 0

KFC-voorval: Drie in hof

Drie mans van Pretoria wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn egpaar in Montana aangerand het, het Vrydag in die landdroshof in Pretoria-Noord verskyn. Landdros Motlhoki Rapulana het na die mans se aansoek om borgtog geluister en gesê sy het tyd nodig om die bewyse te bestudeer, voordat sy haar besluit op 30 Augustus bekend sal maak. Staatsaanklaer Ronnie Sibanda voer aan die mans moet nie vrygelaat word nie, aangesien hul veiligheid nie gewaarborg is nie en ʼn gevoel van vrede in die gemeenskap ondermyn kan word. “Die aansoek om borgtog moet ook in die belang van die publiek wees, aangesien die voorval in die publieke arena plaasgevind het.” Stephan Nel (39), Joshua Scholtz (21) en Dicky Junior van Rooyen (21) staan tereg op aanklagte van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en die rig van ʼn vuurwapen. Hul een medebeskuldigde, Marius Harding (23), het sy aansoek om borgtog laat vaar en nog ʼn beskuldigde, Ockert Muller (20), se aansoek om borgt…
Read more
  • 0

Seun vas oor bedrog van R93 miljoen, pa in hof oor korrupsie

Tseko Mojalefa Rabotho (29) het Vrydag in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Pretoria verskyn op aanklag van korrupsie. Rabotho is op 17 Augustus deur die Valke in hegtenis geneem op aanklag van bedrog, korrupsie en geldwassery ten waarde van R93 miljoen, het lt.kol. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, gesê. Hy het aanvanklik op 21 Augustus in die hof verskyn waar dit aan die lig gekom het dat hy ʼn aantal bates, insluitend twee luukse eiendom en 19 motors, bekom het, wat nooit gefinansier is nie. “Net voor Rabotho Donderdag vir sy aansoek om borgtog in die hof sou verskyn, wou sy pa, Jackie Nicholas Rabhoto (57) die ondersoekbeampte by die Valke se kantoor in Pretoria glo met R52 000 kontant omkoop,” het Netshiunda verduidelik. “Hy is dadelik in hegtenis geneem. Hy het ʼn verdere R48 000 kontant in sy besit gehad.” Jackie het Vrydag in die hof verskyn op aanklag van korrupsie. Die twee mans moet weer op 31 Augustus in die hof verskyn.
Read more
  • 0