Konstitusionele Hof Verklaar UNISA Taalbeleid Ongrondwetlik na 5 Jaar Lange Hofsaak!

Dit is tragies dat die howe die ware diversiteit van Suid-Afrika, met 'n dosyn tale, van die ANC regime moet beskerm, maar dit bly egter onverkwiklik dat die regering diversiteit predik maar eentaligheid toepas. Aan die vooraand van Erfenisdag is die uitspraak dus gepas deurdat dit die taalregte van studente erken en ʼn bepaalde verpligting ten opsigte van uitvoering aan Unisa opgelê het. Dit is ewe onverkwiklik dat taal- en kultuurgemeenskappe hulle in die finale instansie na die howe moet wend om hulle regte op te eis aangesien diverse tale met spesifieke verwysing na Afrikaans, grootliks uitgerangeer word, veral by histories Afrikaanse universiteite.   Die Afrikanerbond het 'n verklaring uitgereik om hul vreugde uit te spreek na die Konstitusionele Hof se uitspraak, dat Unisa se taalbeleid ongrondwetlik en onregmatig is. Hulle het die geleentheid gebruik om AfriForum geluk te wens met die saak teen Unisa en hulle deursettingsvermoë om die saak na 5 jaar afgehandel …
Read more
  • 0

#Dirkiesdorp Swart Werker Getuig hy was Deur SAPD Gedreig om Wit Boere Valslik by Moordsaak te Betrek!

Soos ons voorspel het, is die #Dirkiesdorp saak besig om in die tweede Coligny te verander. Soos in Coligny maak die Staat al weer staat op een enkele swart twyfelagtige getuie (boonop ‘n skaapdief) om vir Werner Potgieter, eienaar van Pampoenkraal plaas by Dirkiesdorp, sy plaasbestuurder Cornelius Greyling, sy sekuriteitshoof Zenzele Yende en nog 5 plaaswerkers aan te kla weens moord op 2 skaapdiewe in Augustus 2020. (more…)
Read more
  • 0

Dept. van Basiese Onderwys Verklaar Ouers Sal Verplig Wees om te Registreer vir Inenting, Ondanks Cyril se Belofte

Ramaphosa het belowe dat niemand verplig sal wees om die inenting te neem nie, maar die Departement van Basiese Onderwys het luidens ’n mediaverklaring verklaar dat ouers en voogde van leerders, verplig sal wees om te registreer, as deel van die Departement van Gesondheid se beplande inentingsprogram. Afriforum het Maandag in ’n skrywe aan die Departement duidelikheid gevra oor hierdie stelling. (more…)
Read more
  • 0

AfriForum begin met regstappe teen onwettige tariefverhogings vir Pretorianers wat die Tshwane-metroraad vandeesweek sonder die goedkeuring van Nersa ingestel het

Inwoners van Pretoria en die groter metro sal moet saamstaan teen die onwettige tariefverhogings wat die Tshwane-metroraad vandeesweek sonder die goedkeuring van Nersa ingestel het. Om dié onwettige optrede om te draai, het AfriForum gister hofstukke op die metroraad en Nersa beteken nadat dié munisipaliteit sedert die begin van die maand voortgegaan het om onwettige elektrisiteitverhogings sonder Nersa se goedkeuring te implementeer. Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria, hou die Tshwane-metro vol dat hulle die uitvoerende gesag is en daarom die verhoogde tarief sonder die nodige goedkeuring van Nersa mag implementeer. “Kragtens die wet is die Tshwane-metro nie by magte om die tarief te implementeer nie en ons sal teen dié onbillikheid optree. Aangesien nóg Nersa nóg die Tshwane-metro op enige van AfriForum se skrywes gereageer het, is daar geen ander remedie as om die dringende hof te nader nie,” sê Grobbelaar. Kragtens artikel 14 …
Read more
  • 0

Pa van twee veg vir sy lewe na 6 skote hom tref tydens huisinbraak

Jan Schoeman ’n pa van twee, veg vir sy lewe in die intensiewe-sorgeenheid van Netcare Montana hospitaal na rowers hom ses keer geskiet het tydens ’n huisbraak in Pretoria-Noord.  Twee verdagtes het van die skiettoeneel gevlug,  met slegs die gesin se TV en ’n skoolsak in hul besit.  Die aanval vorm deel van die terreur wat tans daagliks teen inwoners, feitlik almal blank, in die land gevoer word. Wat veronderstel was om ’n normale weeksdag vir die Schoeman-gesin moes wees, het ontaard in ’n nagmerrie toe rowers vroegoggend by hul woning ingebreek het.  Schoeman se vrou vertel dat sy besig was in die  kombuis,  toe sy ’n slag hoor van ’n venster wat breek.  Schoeman het ondersoek kom instel en hom vasgeloop in die rowers waartydens ’n struweling ontstaan en skote afgevuur is.  Sy vertel haar man is per ambulans hospitaal toe geneem, waar hy onder sedasie geplaas is, sy toestand is kritiek.  Polisiewoordvoerder Kaptein Matthews Nkoadi het bevestig dat ’n saak van poging tot m…
Read more
  • 0