Uitnodiging na inligtingsaand oor belegging in Gannabos-behuisingsprojek

Orania-ondersteuners in Gauteng word uitgenooi na ’n inligtingsgeleentheid oor die Gannabos-behuisingsprojek op Maandag 18 Junie om 18:00 by die kantoor van Solidariteit in Pretoria. Die doel van die geleentheid is om aan voornemende beleggers te verduidelik hoe jy vir so min as R25 000 as belegger tot Orania se eiendomsmark kan toetree. Die eerste fase van die Gannabos-projek is reeds ’n sukses met alle voltooide wooneenhede wat onmiddellik opgeraap word en ’n lang waglys van potensiële huurders. Beleggers vir die volgende fase word tans gewerf. Persone wat belangstel om die geleentheid by te woon moet voor of op Vrydag 15 Junie 2018 vir Appie Pienaar by appie@solidariteit.co.za laat weet.
Read more
  • 0

Die Kooperasie – Kleinfontein

KONTAK BESONDERHEDE Telefoon: 012 940 0065 of intern op 6174 Vir lekker koffie, Koek en lekkernye. Kleinfontein is 'n unieke, ongeëwenaarde ontwikkeling in die geskiedenis van die Afrikanervolk omdat dit volledig gevestig is deur volkseie arbeid. Kleinfontein is geleë op die Magaliesbergreeks 30km Suid-Oos van Pretoria op die historiese terrein waar die slag van Donkerhoek (Diamond Hill) tydens die Tweede Vryheidsoorlog plaasgevind het.
Read more
  • 0