Groot grondeis in Pretoria teengestaan

Die sakeregtewaghond AfriSake het onlangs weer ingegryp om ʼn groot grondeis ten opsigte van eiendomme in die ooste van Pretoria teen te staan. Volgens AfriSake het sy regspan onlangs ’n voorverhoorvergadering oor die Lekhuleni-grondeis by die grondeisehof in Randburg bygewoon. Armand Greyling, regs- en beleidsontleder by AfriSake, het gesê die voorverhoor het meestal gefokus op die oplos van kwessies wat tydens die verhoor gehanteer sou moes word. Die verhoor sal waarskynlik later vanjaar begin, het Greyling gesê. “Dit beteken dat slegs finale beëdigde verklarings geliasseer moet word, aangesien die aangeleentheid gereed is om verhoor te word. AfriSake eis dat die grondeisehof se beslissing dat die Lekhuleni-eis geldig is, tersyde gestel word omdat die administratiewe diskresie in hierdie geval slegs by die grondeisekommissaris berus,” het hy verduidelik. Greyling meen dit blyk dat hierdie eis opportunisties en soortgelyk is aan die Bakwena ba Mare a Phagole- of …
Read more
  • 0

Pretoria-grondbesetters word verwyder na dringende interdik

Grondbesetters in Kameelfontein in die noorde van Pretoria, is Woensdag verwyder nadat AfriSake ’n dringende interdik op 23 Junie 2017 in die Noord-Gautengse hoërhof bekom het. Die Rooimiere, die Cullinan-balju, die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Tshwane-metropolisie het saamgewerk om uitvoering aan die hofbevel te gee en alle onwettige strukture en grondbesetters te verwyder. “AfriSake sal aanhou veg vir die beskerming van eiendomsreg in Suid-Afrika. Ons kan nie toekyk dat konstitusionele regte geminag word en geen daadwerklike optrede namens ons lede neem nie. Ons kan nie toelaat dat Suid-Afrika nog ’n Zimbabwe word nie,” het Charles Castle, bestuurder van die arbeidsregsadvieseenheid by AfriSake, gesê. Castle het gesê politieke retoriek deur radikale partye is grotendeels die oorsaak van hierdie tipe optrede [grondbesetting] en politieke partye moet begin verantwoording doen vir die onverskillige uitlatings wat hulle maak. As sakeregtewaghond beskerm AfriSak…
Read more
  • 0