Zonderwater Gevangenis – Grootste enkele krygsgevangene-kamp van Tweede Wêreld Oorlog

Zonderwater Gevangenis, sowat 43km van Pretoria net buite Cullinan, is vandag bekend daarvoor dat van die Boeremag-gevangenes daar aangehou word. Min mense weet egter dat Zonderwater die grootste enkele krygsgevangene-kamp van die Tweede Wereldoorlog was. Tussen April 1941 en Januarie 1947 is meer as 100 000 Italiaanse krygsgevangenes daar aangehou. Mussolini van Italie was een van Hitler se bondgenote en het met die Geallieerdes, waaronder Suid Afrika, slaags geraak in Soedan, Kenia en Somaliland. In April 1941 het die eerste Italiaanse prisoniers per skip in Durban aangekom nadat hulle in Libie en Abbysinie gevange geneem is. Alle gevangenes het nie die skeepsreise oorleef nie. Die "Nova Scotia" met 600 prisoniers is byvoorbeeld deur 'n torpedo gesink op 28 November 1942. Die Italianers het gou die tydperk 1941 tot 1943 verdoop na die "Tendopoli" omdat hulle in tente op die terrein van Zonderwater gehuisves is. Aan die begin van 1942 was daar reeds 7 000 tente en is …
Read more
  • 0