Na drie dekades wil Gert van Rooyen se Seun saak heropen

Na bykans drie dekades lig pedofiel Gert van Rooyen se seun vir die eerste keer die sluier oor wat hy beweer op die dag van Gert en sy houvrou Joey Haarhoff se dood gebeur het. “Daar was nooit ‘n selfmoordpakt tussen my pa en Joey nie,” sê Gerhard in ’n video-opname wat op Facebook geplaas is. Gerhard het ook nadoodse foto’s van sy pa en Joey op Facebook gelaai. Hy het kenners uitgedaag om te bepaal dat die paartjie wel selfmoord gepleeg het. Van Rooyen en Haarhoff het na bewering tienermeisies tussen 1988 en 1990 in Pretoria ontvoer. In Januarie 1990 is die 16-jarige Joan Booysen ontvoer. Sy kon egter kort daarna uit die paartjie se huis in Pretoria ontsnap waarna sy die polisie op hul spoor gesit het. Van Rooyen en Haarhoff het dae later op die vlug geslaan toe hulle die polisie voor hul huis in Capital Park gewaar het. Hulle het in ‘n motor tot by die Apiesrivierbrug gejaag waar Van Rooyen glo eers Haarhoff en toe homself doodgeskiet het. Gerhard sê: …
Read more
  • 1