Verdagte dreig met selfmoord ná polisie hom vaskeer

Twee mans is Woensdag tydens ʼn huisbraak in Laudium in Pretoria in hegtenis geneem en ʼn derde verdagte kort daarna. Konst. Simon Chokoe, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het net ná 19:00 plaasgevind. Die drie gewapende verdagtes, tussen 30 en 45 jaar oud, het volgens Chokoe by ʼn paartjie se huis ingestorm, hulle aangerand en van hul selfone beroof. “In die verdagtes se poging om te vlug het die inwoner hulle gekonfronteer en twee van die verdagtes is vasgekeer. Een kon daarin slaag om te ontsnap,” het Chokoe gesê. Volgens Chokoe het ʼn spoedige reaksie van die polisie se taktiesereaksie- en honde-eenheid gesorg dat die derde verdagte in Claudius naby die R55 aangekeer is. “Een van die polisie se onderhandelaars is ingeroep na die toneel omdat die verdagte gedreig het om homself te skiet,” het Chokoe gesê. Volgens Chokoe is die verdagte binne minute ná onderhandeling in hegtenis geneem. “Die polisie het beslag gelê op twee ongelisensieerde vuurwa…
Read more
  • 0