Enorme water krisis op hande – Groter Pretoria gebied, wat verskeie swart woongebiede, insluitend plakkerskampe in die omgewing staar ’n water krisis in die gesig

Die Pretoria munisipaliteit doen ’n beroep op inwoners om water spaarsaam te gebruik om enorme krisis af te weer. Die opgaartenks van die stad het gevaarlik lae vlakke bereik weens ’n groot aanvraag tydens die hittegolf wat nou etlike dae duur. Volgens die owerheid se Twitter boodskap, wat slegs sowat 60% van die inwoners bereik, word ’n dringende beroep op inwoners gemaak om nie water te mors nie. Sekere gebiede ondervind reeds water toevoer onderbrekings, maar die munisipaliteit slaag nie daarin om doeltreffend te kommunikeer met alle inwoners nie, en het ook nie ’n deeglike plan van aksie om oortreders wat water kwistig gebruik, met paslike maatreëls te beboet nie. Die Garsfontein opgaartenk wat die grootste en sentrale verspreidingspunt is, se watervlak het drasties gesak weens ’n groot aanvraag. Die Garsfontein opgaartenk sukkel om die 45% vlak te behou, en was seeds benede die 40% vlak omdat aanvraag by die Koedoesnek en Elarduspark tenks die ongekende groo…
Read more
  • 0

AfriForum begin met regstappe teen onwettige tariefverhogings vir Pretorianers wat die Tshwane-metroraad vandeesweek sonder die goedkeuring van Nersa ingestel het

Inwoners van Pretoria en die groter metro sal moet saamstaan teen die onwettige tariefverhogings wat die Tshwane-metroraad vandeesweek sonder die goedkeuring van Nersa ingestel het. Om dié onwettige optrede om te draai, het AfriForum gister hofstukke op die metroraad en Nersa beteken nadat dié munisipaliteit sedert die begin van die maand voortgegaan het om onwettige elektrisiteitverhogings sonder Nersa se goedkeuring te implementeer. Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria, hou die Tshwane-metro vol dat hulle die uitvoerende gesag is en daarom die verhoogde tarief sonder die nodige goedkeuring van Nersa mag implementeer. “Kragtens die wet is die Tshwane-metro nie by magte om die tarief te implementeer nie en ons sal teen dié onbillikheid optree. Aangesien nóg Nersa nóg die Tshwane-metro op enige van AfriForum se skrywes gereageer het, is daar geen ander remedie as om die dringende hof te nader nie,” sê Grobbelaar. Kragtens artikel 14 …
Read more
  • 0

EFF-lede betoog voor tehuis vir bejaardes in Pretoria se middestad

’n Inwoner van 80 jaar van ’n tehuis vir bejaardes in Pretoria se middestad moes Woensdag saam met ander inspring om te verseker dat almal van Huis Davidtsz middagete kry, nadat EFF-lede die werkers van die tehuis verhoed het om hul werk te doen. Hannes van Vuuren (80) sê hy moes inspring om te help. Cobus Kruger, ’n veiligheidswag by die tehuis, het ook borde kos aangedra en nadat die bejaardes geëet het, weer die tafels in die eetsaal opgeruim. Net soos Kruger het Leona Gouws, ’n sekretaresse by Huis Davidtsz, ook gehelp met die voorbereiding van die kos en die opruiming. Haar ma, Amanda Steyn, het ook oral waar sy kon, gehelp nadat sy die oggend gehoor het EFF-lede betoog voor die tehuis. Haar ma en Gouws se ouma, Fransie van der Westhuizen, woon al vyf jaar daar. Sy ly aan demensie. Sy en van die ander inwoners was salig onbewus van die EFF se betoging buite. Ander het dit wel gehoor, maar nie geweet waaroor dit gaan nie. Sommige inwoners het verward by hul k…
Read more
  • 0

Pretoria stadsraad melk inwoners dmv munisipale rekenings – het seker weer dringend geld nodig

Alles dui daarop dat die stadsraad van Pretoria weer dringend geld nodig het en die maklikste manier om dit te gryp is van sy inwoners. Die metode word ook soms deur van die selfoonmaatskappye gebruik as hulle skielik hulle kontantvloei wil aanvul. ʼn Sekere maand se rekening word doodeenvoudig verhoog en dan word die geld later terug gegee deur die rekening afwaarts reg te stel. Intussen is die rente wat so op miljoene se geld van iemand anders verdien word ʼn handige bron van inkomste. Verskeie inwoners van Pretoria is geskok oor hulle nuutste elektrisiteitsrekening. ʼn Rekening wat voorheen gemiddeld R1 000 per maand was is skielik R2 500. Die stadsraad lees die rekeninge van inwoners slegs elke vier maande en maak tussenin van beramings gebruik. ʼn Tipiese geval van die nuutste rekening van ʼn inwoner wat van R1 038 na R2 550 gestyg het is soos volg: Die rekening is in Junie gelees en was R1 038; die volgende drie maande sal dus beramings wees met die volgende beramings vi…
Read more
  • 0