AfriForum betoog by Pretoria hofverrigtinge teen dubbele standaarde oor rasvoorvalle

Lede van die burgerregte-organisasie AfriForum het vanoggend buite die Pretoria-Noordse landdroshof teen die dubbele standaarde betoog waarmee rasvoorvalle in Suid-Afrika hanteer word. Dié dubbele standaarde behels volgens AfriForum dat wit-op-swart-aanvalle deurlopend aan die groot klok gehang word, terwyl swart-op-wit-aanvalle grootliks geïgnoreer word. Die betoging val saam met die verskyning van twee verdagtes wat Carel Kruger aan die begin van Augustus vanjaar in die Montana-omgewing gewelddadig met ’n baksteen aangeval het. Dié aanval het enkele dae ná die KFC-voorval – óók in die Montana-omgewing – plaasgevind. Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het sowel die aanval op Kruger as ’n ander geval in die Montana-omgewing toe die ongewapende Carine van Staden in ’n padwoedevoorval geskiet is geensins dieselfde openbare aandag en veroordeling as die KFC-voorval ontvang nie. “Ongelukkig bestaan daar dubbele standaarde rakende die hantering van voorvalle…
Read more
  • 0