Krugerdag herdenk by die Helde-akker in Pretoria

Krugerdag is gister herdenk by die Helde-akker in Pretoria. Die Krugergenootskap reël jaarliks dat familie, organisasies en individue kranse lê op die grafte van wyle pres. Paul Kruger, asook op verskeie ander heldefigure uit die Afrikaner se geskiedenis. Ook CVO-skole neem jaarliks aan die geleentheid deel om sodoende ook die kinders te leer van volkshelde van die geskiedenis. Die leerlingraad van CVO Skool Pretoria het ook die geleentheid bygewoon, en die graf van oom Paul, asook ander volkshelde, is ryklik versier deur blomme en kranse wat deur verskeie organisasies geplaas is. Foto: Van links na regs, Hattinie Freyer, Marné Scholtz, Anien Deur: Die Vryburger
Read more
  • 0