Rassistiese NVG! Geen Klagtes Teen Swart Taxibestuurder wat Wit Pa en Seun Doodskiet, Maar Blankes Word vir Veel Minder Aangekla Sonder Borgtog!

Dubbele standaarde by die NVG is institusioneel, en dit is nie eers meer betwisbaar nie dat die NVG, met hul 90% of meer swart personeel, diskrimineer op grond van ras ten opsigte van vervolgingsbesluite en ander verantwoordelikhede soos die toekenning van borgtog, ens. Ons het nou al verskeie kere gesien dat die NVG met agressie wit persone aankla, borgtog ontken en die hele klagteboek na hulle toe gooi, of hulle skuldig is aan 'n misdaad of nie, maar 'n swart taxibestuurder wat 'n wit pa en seun doodgeskiet het in 'n verkeersargument, word egter nie eers vervolg nie. Dit terwyl verskeie onskuldige boere sonder borgtog aangehou word. Die taxibestuurder wat Andre Duvenhage (52) en sy seun Danie op 28 Mei 2021 by die Viva N1-vulstasie in Bandelierkop, Limpopo, doodgeskiet het, is skotvry nadat die NVG besluit het om hom nie van enige misdaad aan te kla nie. Die skietery het plaasgevind nadat Danie en Andre na die Engen vulstasie gegaan het om die taxibestuurder te konfront…
Read more
  • 0

SA Howe nie Meer Sekuur nie! Hoe Lank Voor SA Balkaniseer en as ‘n Humanitêre Ramp Verklaar Word?

Dit is al duidelik dat SA se wetstoepassers, die polisie, nie geskik vir hul doel is nie, maar nou val die ANC howe self uitmekaar uit. Kuberkrakers het die howe in Suid-Afrika se netwerkstelsels binnegedring en dit lam gele, wat vrese laat ontstaan dat mense en besighede wat transaksies met die howe doen, se bankbesonderhede in die gedrang gekom het, en dalk openbaar word. Daar is ook wydverspreide onderbrekings van baie van die regering se webwerwe na ondergrondse internetkabels Vrydagoggend beskadig is. Terselfdertyd is die Potgietersrus-landdroshof en speurtak al vier dae sonder krag, na die Mogalakwena-plaaslike munisipaliteit die krag gesny het weens wanbetaling. (more…)
Read more
  • 0

Bekende Bedfordview-dokter in Hegtenis Geneem! ANC Politici Ignoreer Hul Ampseed, Verwag Dokters Moet ook so Laag Sink en hul eed van Hippocrates Ignoreer!

‘n Enorme wanbalans in etiek vier hoogdy in SA. Die oor-, neus- en keel-spesialis, hoof van Bedfordview (ENT), dr Ivan Jardine, is op 16 Julie om 22:00 naby Park Meadows in hegtenis geneem weens die verbreking van die aandklokreël, maar hy is vasbeslote om aan te hou om pasiënte in nood te help, ondanks die feit dat hulle byna 12 uur in die polisie se aanhouding spandeer het. (more…)
Read more
  • 0

Leon Coetzee, wat Homself Verdedig het Teen Besete Swart Aanvaller, Moes Hooggeregshof toe Gaan vir Borgtog!

Dit word elke dag, oor en oor bewys dat meeste van “our people,” wat as landdroste sit, uiters onbevoeg en bevooroordeeld is teen blankes. Ons het dit gesien in die #Dirkiesdorp saak waar Werner Potgieter en Cornelius Greyling so pas borg geweier is, al was hulle nie eens op die toneel waar ‘n skaapdief dood is nie. Leon Coetzee (55) is ook borg geweier in die Pretoria Noord landdroshof, nadat hy vir homself en sy vrou verdedig het en vir Themba Thabethe voor sy huis in ‘n kompleks met ‘n mes gesteek het. (more…)
Read more
  • 0

Dirkiesdorp: Selfs SA Polisie Val vir Massamedia se “Witman Sleg, Swartman Onskuldig” Propaganda! Blankes Word Gekanselleer!

Polisie het vals verklaring uitgereik na die Dirkiesdorp voorval, na die ANC en EFF "lynchmob" en "Swart Twitter" weer saamgesweer het om vier boere in tronk te hou, al is feite nie eers bekend nie. Die Polisie het feite weerhou en verdraai in hulle amptelike verklaring oor die Dirkiesdorp voorval. Hulle het beweer dat 2 swart mans doodgeskiet was nadat hulle op 'n plaas gaan werk soek het, en al klink dit absurd en heeltemal onwaarskynlik, nog steeds het alle media publikasies en sosiale media, die Polisie se verklaring as feite aangebied. Maar die feite is egter dat daar 'n onwettige optog op die plaas gehou was, wat nie deur die Polisie gemonitor was nie. Ons weet mos watter intimiderende aard hierdie sogenaamde "toyi toyi for free stuff" van "our people" inhou. Verdere feite wat nou aan die lig kom is dat hierdie onwettige betogings nou al 'n jaar aankom en die Polisie is nou besig om 'n sluier van geheimhouding oor die saak te trek omdat hulle nooit iets daaroor gedoen he…
Read more
  • 0

KFC-voorval: Drie in hof

Drie mans van Pretoria wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn egpaar in Montana aangerand het, het Vrydag in die landdroshof in Pretoria-Noord verskyn. Landdros Motlhoki Rapulana het na die mans se aansoek om borgtog geluister en gesê sy het tyd nodig om die bewyse te bestudeer, voordat sy haar besluit op 30 Augustus bekend sal maak. Staatsaanklaer Ronnie Sibanda voer aan die mans moet nie vrygelaat word nie, aangesien hul veiligheid nie gewaarborg is nie en ʼn gevoel van vrede in die gemeenskap ondermyn kan word. “Die aansoek om borgtog moet ook in die belang van die publiek wees, aangesien die voorval in die publieke arena plaasgevind het.” Stephan Nel (39), Joshua Scholtz (21) en Dicky Junior van Rooyen (21) staan tereg op aanklagte van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en die rig van ʼn vuurwapen. Hul een medebeskuldigde, Marius Harding (23), het sy aansoek om borgtog laat vaar en nog ʼn beskuldigde, Ockert Muller (20), se aansoek om borgt…
Read more
  • 0