Passasiers val treindrywers met klippe aan by Koedoespoort-treinstasie in Pretoria

Ontstoke passasiers by die Koedoespoort-treinstasie in Pretoria het twee treindrywers van die United National Transport Union (Untu) aangeval en die bestuurskajuite met klippe bestook. Dit volg nadat Metrorail-treine Woensdagoggend vertraag was. Luidens ’n verklaring deur Untu, het albei “ervare” treindrywers gevrees vir hul lewe en die lewe van die twee studente wat saam met hulle in die kajuit was. “Die passasiers het groot klippe voor die trein gepak en die trein met klippe gegooi. Die glas en klippe het op ons neergestort,” sê Kgaripane Mogashoa (42) in die verklaring. Sy het die treinbeheerbeampte gebel en is gemagtig om met die roete voort te gaan. Mogashoa was op pad van Pienaarspoort na Pretoria, maar moes noodgedwonge by ’n rooi sein stop. Volgens Mogashoa was die student wat saam met haar was, histeries. Die trein het veilig by die Pretoria-treinstasie aangekom. Mogashoa en die student ontvang berading. Sy was ook die treindrywer wat twee ja…
Read more
  • 0

Passasiers kaap glo 2 Prasa-treine by Hercules-treinstasie in Pretoria

Twee treine van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) is glo Dinsdagoggend by die Hercules-treinstasie in Pretoria gekaap deur passasiers wat na Saulsville wou reis in plaas daarvan om terug te keer na Koedoespoort. Luidens ’n verklaring van die vervoervakbond Untu het die passasiers die treinspoor omstreeks 07:00 vol betonblokke gepak waarna hulle die drywers gedwing het om na Saulsville te ry. Volgens Louwrens Erasmus, wat die pendeltrein tussen Koedoespoort en Hercules beman het, het hy uit sy kajuit geklim om in die teenoorgestelde kajuit te klim toe die passasiers hom voorgekeer het en hom gedwing het om aan te hou ry. “Ek het besef ek moet saamwerk of ek en my Metro-wag gaan seerkry. Toe ek uit die kajuit klim om in die ander een in te klim op na Koedoespoort toe het die ontstoke passasiers my teruggedruk en betonblokke op die spoor agter die trein gepak. Ek het vir my lewe gevrees en daar was geen Prasa-veiligheidswagte in sig nie,” het Erasmus, wa…
Read more
  • 0