Stuur Valentyn Blomme en Geskenke Aan U Geliefde Aanlyn Vandag!

Dit neem slegs 'n paar klieks om blomme, sjokolade, geskenke, geskenkmandjies, kaarte, linne, klere en selfs drank na enige plek in Suid-Afrika te stuur, of na die buiteland. Ons het plaaslike kantore oraloor, en aflewering van blomme betyds met die SA se gunsteling aanlyn Bloemiste is nooit 'n probleem nie. Ons internasionale netwerk strek tot by die Verenigde Koninkryk, Australië, die VSA en die res van die wêreld. U hoef nie uit te gaan om bloemiste of winkels te besoek nie, en ons blomme is ongeëwenaard.   KLIEK HIER OM BLOMME & GESKENKE TE BESTEL   Ons offer die gemak van die aflewering van blomme en geskenke waar blomme en geskenke direk na U drumpel gestuur word. Blomme en blommerangskikkings kam op dieselfde dag afgelewer word, indien dit voor 12 uur bestel word. Geskenkaflewerings wissel na gelang van die omgewing van Pretoria en Londen tot by die winderige stede Kaapstad en Sydney. Nog aangenamer is die feit dat as U in Port Elizabeth, Bloemfonte…
Read more
  • 0

SA se Adjunkhoofregter, Raymond Zondo, Beweer hy het ‘n Fout Gemaak en Versoek WEER ‘n Uitstel vir die Ondersoek na Staatskaping!

Al het Tito Mboweni belowe dat daar nie meer geld is om die Staatsondersoekskommissie te finansier nie, het die Zondo kommissie steeds 'n vyfde uitstel versoek. Nie dat enigiemand verbaas is nie dat die staatsondersoek 'n verdere verlenging soek nie, hierdie keer tot Desember (na die verkiesings), maar dat die land se Adjunkhoofregter so 'n groot misrekening herhaaldelik kan maak, is 'n groot kommernis, of is dit net dat hulle bloot nie genoeg geld verdien het nie en Kersfees presente wil koop? Dalk is dit tyd dat hy aftree? (more…)
Read more
  • 0

China Toets Sinovac Entstof op SA Kinders – Offer Moontlike SinoVac Verpakkings Fasiliteit in SA as Lokaas!

Al is die Chinese CoronaVac entstof nie volledig in Suid Afrika goedgekeur of gebruik nie, word SA ingesluit met ander derde wêreld lande in die Fase III-proewe van Sinovac se entstof teen koronavirus siekte (Covid-19) by kinders en adolessente. Die bekendstelling van die Suid-Afrikaanse been is onlangs gehou in Pretoria, Suid-Afrika, waar ongeveer 2,000 kinders en adolessente van ses maande tot 17 jaar ingeskryf sal wees, om die veiligheid en doeltreffendheid van die CoronaVac entstof te toets, al wys resultate van proewe sover slegs 50% effektiwiteit. Die proewe sal wêreldwyd 14,000 kinders in Chili, die Filippyne, Maleisië, Kenia en Suid Afrika toets. (more…)
Read more
  • 0

Motorfietsklub, Transvaal Boere Gemeenskap & ICC Kerk Versprei Kospakkies aan Arm Blankes in Nood aan die Wes-Rand.

Die afgelope naweek het die Lone Wolves Vaal Motorfietsklub tesame met Boere Gemeenskap Transvaal en ICC Church Kenmare 'n projek aangepak om 'n totaal van 140 kospakkies te oorhandig aan arm blanke gesinne wat by die Laerskool Generaal de la Rey in Florida byeengekom het. Elke kospakkie bevat genoeg blikkieskos, meel en ander items om 'n gesin van vyf te voed. (more…)
Read more
  • 0

EFF Beledig Vakbonde en hou Onwettige Betoging by Ouetehuis in Pretoria, want Alles is mos glo “Rassisme”…

Die EFF se sogenaamde arbeiderslessenaar in Pretoria het Woensdagoggend ‘n onwettige betoging gehou by die ouetehuis Huis Herfsblaar, maar hulle is onder beheer gehou deur Polisie en die Bittereinders group wat gevra is om te help. Daar is glo meningsverskil oor lone en die sosialistiese EFF het blykbaar hulself nou as vakbond en regter aangestel? (more…)
Read more
  • 0

Gauteng SAPD kon nie Onlangse ANC Onluste Ordentlik Bekamp nie Omdat Helfte van hul Blitspatrollie Voertuie nie Werk nie!

Meer as helfte van die 231 blitspatrollie voertuie in Gauteng staan stukkend ​​by polisiemotorhuise en privaat werkswinkels regoor die provinsie, sonder dat daar duidelikheid is oor wanneer hulle weer op pad sal wees. In totaal is 124 van die 231 blitspatrollie voertuie in die provinsie van die pad af volgens die Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, meeste van hulle vir langer as 3 maande. (more…)
Read more
  • 0