Sewe verdagtes word aangekeer in Pretoria ivm motorfietsdiefstalle

Die Pretoriase polisie het sewe verdagtes in hegtenis geneem in verband met ʼn vlaag motorfietsdiefstalle die afgelope tyd. Kapt. Agnes Huma, woordvoerder van die polisie, het gesê die mans, tussen 25 en 35 jaar oud, is Dinsdag in die vroeë oggendure in Rooihuiskraal in Centurion in hegtenis geneem. “Die mans se modus operandi was om na bewering in ʼn wit Quantum in die Rooihuiskraal-omgewing rond te ry op soek na motorfietse wat binne of buite persele parkeer is,” het Huma gesê. “Nadat hulle ʼn spesifieke huis identifiseer het, sou hulle later in die aand terugkeer, die honde vergiftig om toegang te verkry en dan die motorfiets steel.” Huma het gesê die polisie in samewerking met die gemeenskapspolisiëringsforum en plaaslike veiligheidsmaatskappye het ʼn gesamentlike intelligensie-gedrewe operasie geloods en die Quantum Dinsdag omstreeks 01:30 opgemerk. “Die polisie het die voertuig voorgekeer en die sewe verdagtes is in hegtenis geneem. Toerusting om by huise in te…
Read more
  • 0