“Ek Het Geen Benul Gehad” – Ramaphosa het Vermeende Gupta Voorman Brian Molefe aan President Zuma Aanbeveel as “Mnr Fixit” vir Eskom!

Cyril Ramaphosa se bondige getuienis by die Zondo -kommissie Woensdag laat meer vrae as antwoorde, wat ​​adjunkhoofregter Raymond Zondo 'n raaisel van die Brian Molefe soort los. Na dekades in die hoogste kringe van politiek in Suid Afrika, beweer Ramaphosa dat hy onbewus was van wat om hom aangaan? Ramaphosa, wat toe adjunk van President Jacob Zuma was, het erken dat hy Zuma aangeraai het om "Mnr Fixit" Brian Molefe te skyf van Transnet, en aan te stel as Eskom se uitvoerende hoof in 2015, maar die Guptas het al geweet dit kom in 2014? (more…)
Read more
  • 0

Transnet-pensioenarisse gaan betoog

Transnet-pensioenarisse gaan ‘n optog hou teen die ministers van finansies en openbare ondernemings. Die pensioenarisse eis onmiddellike verligting vir hul haglike finansiële situasie wat veroorsaak word deur die skrale Transnet-pensioen wat hulle maandeliks ontvang. Die betoging gaan more, 11 Oktober, om 09:30 op Kerkplein in Pretoria begin. Deur: Die Vryburger
Read more
  • 0

Spoorlyn in die weste van Pretoria kry nuwe baaidjie danksy publiek en Transnet

’n Uiterste verwaarloosde spoorlyn wat aan die weste van Pretoria geleë is, het gedurende die week ’n nuwe baadjie gekry. Die spoorlyn wat oor ’n groot gebied in die weste strek was vir ’n geruime tyd ’n groot probleem vir die plaaslike gemeenskap. Volgens DA-raadslid Elma Nel was die spoorlyn ’n reuse probleem in haar wyk. Sy vertel dat vir die eerste keer was daar goeie samewerking vanaf beide Transnet en die publiek. Nel spreek haar dankbaarheid uit teenoor almal wat ’n handjie bygesit het met die opruimings werk en loof die betrokke partye vir hul bereidwilligheid om te help. Nel beklemtoon dat sy alreeds van die begin van die jaar haar bemoei het met die skoonmaak van die spoorlyn. Volgens ’n inwoner, net bekend as Sarel, is hy verheug oor die skoonmaaksessie. Sarel vertel dat hy die afgelope 36 jaar in die gebied woon. Hy skryf die oorsaak toe aan onwettige storting wat gereeld plaasvind. Sarel vertel skertsend dat hy enkele dae te vore onwettige storters by die spo…
Read more
  • 0