Drie Inbrekers in Gesteelde wit Audi Gearresteer na Jaagtog & Skietgeveg in Pretoria!

Een misdadiger is ernstig beseer en sy twee makkers is in hegtenis geneem Donderdag, ná ‘n jaagtog met ‘n veiligheidsmaatskappy, nadat die rowers by ‘n huis in Pretoria probeer inbreek het. Die Brinant-sekuriteitsmaatskappy het inligting ontvang dat drie rowers, wat ‘n wit Audi-voertuig bestuur het, probeer om by ‘n huis in Faerie Glen in te breek. ‘n Buurman het die rowers gesien en op hulle geskree, wat hulle in die Audi in die rigting van Garsfontein laat vlug het. (more…)
Read more
  • 0

Pretoria man word nog ‘n statistiek van taxi geweld na aanval met baksteen

Hulle het geslaan om dood te slaan. Carel Kruger (43) was oortuig daarvan toe die baksteen-houe vir die soveelste keer op hom neerreën. Selfs toe hy bebloed na twee lede van die Tshwane-metropolisie gehardloop het, een aan die baadjie gegryp en gesmeek het: “Help!” het een van die aanvallers nog ’n hou ingekry. “Die twee metropolisiemanne het net daar gestaan. Hulle was gewapen, maar het niks gedoen nie.” Toe vlug Kruger maar tussen die voertuie in Lavenderweg in die noorde van Pretoria in en bel ’n vriend om hulp. Ander lede van die Tshwane-metropolisie het wel later ingegryp en twee vermeende aanvallers gevang, maar Kruger sê hy gaan klagte indien teen die twee wat volgens hom net gestaan en kyk het hoe hy veg vir sy lewe. “Ek is kwaad. Omdat ons so moet lewe, dat ek net nog ’n slagoffer is soos duisende ander,” sê hy. Hy het Vrydagaand net na 19:00 in Lavenderweg gery toe ’n wit taxi bane verwissel en amper reg voor hom inry. “Ek het getoet en ligte geflik…
Read more
  • 0