Suid Afrika se Vloek van “Bling” Veroorsaak nog steeds Valse Hoop en Ellende vir die Massa Bevolking

Van die kaal grond van KwaZulu-Natal is onlangs ‘n paar blink klippies opgegrawe, deur sommige met ‘n piksteel, of ander deur die koorsigste fortuinsoekers met hul kaal hande. Toe die vondse bekend word, met die spreekwoordelike veldbrand, lyk dit asof die diamantjag uit die Imperialistiese jare van Cecil John Rhodes, in die omgewing rondom die diamanthoofstad Kimberley, homself herhaal in Natal. (more…)
Read more
  • 0

Betaalde Siekteverlof vir SA Werkgewers Kry Hele Nuwe Mening met Covid! Inenting en Newe-effekte Daarvan Kry Betaalde Siekteverlof Sonder Mediese Sertifikaat!

Dit is duidelik dat die Sosialisitese ANC als in sy vermoë doen om werkgewers te ontmoedig. In ‘n poging om dié wat werk as verskoning gebruik, om nie inenting te kry nie, aan te moedig, moet Suid-Afrikaanse werkgewers nou hul werkers betaalde tyd gee om hulle teen Covid-19 te laat inent. En werknemers wat newe-effekte ervaar, kan met betaalde siekteverlof tuis bly deur hul inentingsertifikaat as bewys te lewer, sonder dat die standaard mediese sertifikaat nodig is om siektedae te eis nie. (more…)
Read more
  • 0

#Gupta 2.0 – Harith, Nuwe Private Eienaar van SAL was deur Mbeki Ramaphosa-faksie Opgestel met Staatspensioenfondse?

Het iemand vir ons gevra? Na die Gupta skandaal aan die lig gekom het, het Pravin Gordhan gesê mense moet die kolletjies verbind, en as ons dit doen, blyk dit dat die privatisering van SAL nog ‘n plundering skema deur die ANC-mafia is. Harith, die nuwe eienaar van SAL, is deur die Mbeki- en Ramaphosa-faksie van die ANC gestig en het moontlik fondse gebruik wat aan die pensioenfonds van die regering (PIC) behoort. Net soos toe multimiljardêr-oligarge na die val van die USSR geskep is, deur openbare staatsbates in privaat sakke te plaas. is die privatisering van die SAL net ‘n massiewe slenter, wat ontwerp is om die SAL vas te vang vir kaders verbonde aan Ramaphosa se faksie van die ANC! Is die SAL doelbewus bankrot gemaak om hierdie buit van ons bates moontlik te maak? (more…)
Read more
  • 0

SABC Wil SAUKnuus Sensuur en Toemaak! Moet Ons vir Ons Erfenis Veg of Ingee en Naam Verander?

Dringende Uitroep tot Aksie: Die ANC se SABC hou nie van ons berigte nie, en hulle dreig ons met dagvaardings omdat ons "nie inhoud sensuur nie, en nie hul fact-checkers" gebruik nie. Soos baie weet, as deel van hul poging om Afrikaans tot niet te maak, het de SABC dekades laas die SAUK naam amptelik gebruik, en het ons uitgelos vir die byna 20 jaar wat ons die sauk.co.za domein besit, en die SAUK naam gebruik vir ons Afrikaanse Nuus en Radio. Maar nou dat ons meer aandag trek, met byna 80,000 volgers op FB, meer as 135,000 unieke kuiermense op elk van ons webwerf en radio per maand, en waar ons die ANC se haat en foute daagliks uitbasuin, het hulle besluit om ons te probeer stilmaak. Ons kan natuurlik net ingee en ons naam verander, maar almal weet "SAUK" en "ANC" hoort nie saam nie. SABC lieg en eis dat hulle "in die SAUK naam belê", maar ons kon oor die jare nêrens bewyse daarvan vind nie, inderdaad, ons kon geen plek vind waar hulle die SAUK naam amptelik gebruik nie, selfs…
Read more
  • 0