NVG en Valke te Sleg om hul ANC Makkers te Vervolg, Kruip weg Agter Heksejag vir Dekades oue “Misdade” van Apartheidsera!

Die land val uit mekaar uit en word oorheers deur bendes, kriminele, bedreigers en korrupte ANC kaders, wat Miljarde belastingbetalers geld in hul sak steek, en die NVG en Valke het heeltemal misluk, om enige verskil in die tsunami van misdaad te maak. Inderdaad, nie eens 56 moorde per dag in gruweldade soos plaasmoorde, verkragtings, kapings, huisbesettings, marteling, transito rooftogte waar bombe en masjien gewere gebruik word, ensovoorts, kan hul aanspoor om wet en orde toe te pas nie. Die NVG en Valke wil liewer lyf wegsteek en die ou apartheids donkie looi, om die aap agter die bos te gaan haal, om drie dekade oue “misdade” te gaan soek van die apartheids era. Hulle vergeet dat onder apartheid was die ANC verban, vir goeie rede, want ons sien elke dag die hel wat ANC se sosialisme meegebring het. ‘n Kommunis se misdaad is ‘n ander se veiligheid, en dit is die NVG en Valke se verskoning om nie hul eie makkers te agtervolg nie. (more…)
Read more
  • 0

ANC het Toegelaat dat Munisipaliteite R186 Miljard in ‘n Dekade Steel met Geen Nagevolge of Aanspreeklikheid nie!

Verslae van die Ouditeur-generaal van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur (MFMA), het onthul dat die afgelope dekade, R186 Miljard uit die rekenings van ANC munisipaliteite verdwyn het weens “onreëlmatige uitgawes“. Die Ouditeur-generaal, Tsakani Maluleke, het onlangs ook verklaar dat daar in die boekjaar 2019/2020, R26 miljard se “onreëlmatige uitgawes” by munisipaliteite was, en dat van die 257 munisipaliteite in Suid-Afrika, het slegs 27 skoon oudits ontvang. (more…)
Read more
  • 0

Waterskeiding Hofsaak sal Bewys dat Twitter, Kalifornië en Demokratiese Party Saamgesweer het om “Verkiesingsintegriteit” te Misbruik om Konserwatiewes te Sensuur!

‘n Ontsettende belangrike hofsaak, wat die feit dat Twitter inderdaad ‘n staatsakteur is, kan bewys, wat baie ernstige gevolge kan hê, is deur Harmy Dillon en Ron Coleman van Kalifornië gebring. Hulle het al die bewyse en kwitansies om te bewys dat die Staat van Kalifornië en die Demokratiese Party saamgesweer het met Twitter, om hul politiek opponente te sensuur, met die gebruik van “Verkiesingsintegriteit” as ‘n valse rede. (more…)
Read more
  • 0

Gedwing tot “Dubbele Belasting” – Supreme Poultry Betaal R100,000 uit eie sak om Hartbeespoort se Onversorgde Waterpype te Herstel!

‘n Onderneming van Hartbeesfontein, Supreme Poultry, het uit desperaatheid self R100,000 betaal om waterpype te koop, om stukkende munisipale waterpype te herstel, nadat die gebied vir amper ‘n week sonder water was. Supreme Poultry moes ook teen astronomiese koste self nuwe water reservoirs op hulle eie perseel oprig, vir wanneer daar weer nie water is nie. (more…)
Read more
  • 0