Man kritiek nadat oond in bakkery ontplof

Werkers van ’n bakkery in Pretoria-Wes is Dinsdagmiddag getraumatiseer nadat ’n ontploffing vroeër die dag ’n brand daar veroorsaak het. ’n Nywerheidsoond het omstreeks 11:45 by die Transvaal Industrial Foods-bakkery op die hoek van Charlotte Maxeke- en Elsonstraat ontplof. “Die ontploffing was kwaai en het ’n groot skudding veroorsaak, maar die brand is vinnig onder beheer gebring,” het Johan Pieterse, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, gesê. James Mohlala het naby die enorme oond gestaan toe dit ontplof. “Hy werk gewoonlik met die oond. Hy het baie erg seergekry,” sê sy kollega, Sarah Monyai. Mohlala het ernstige brandwonde oor sy hele lyf opgedoen en is in ’n kritieke toestand deur die Halo-helikopterdiens na die Milpark-hospitaal in Johannesburg geneem. Hy word in die gespesialiseerde brandeenheid behandel. “Die pasiënt het brandwonde oor sy hele liggaam, op sy arms, sy bors, sy bene. Hy ly ook aan rookinaseming,” sê Xander Loubser, woordvoerder van…
Read more
  • 0

10111 call centre workers demand salary increase

Employees of the 10111 emergency call centre are slowly starting to gather at the Pretoria Art Museum ahead of their march to the Union Buildings. The march is expected to commence at 12pm where they will hand over a memorandum outlining their demands. The workers are demanding salary upgrades to be at the same level as other call centre workers at the department of home affairs, SA Social Security Agency, SA Revenue Services (Sars) and the presidential hotline, among others. The salary upgrades were recommended in 2013 by a task team set up by former police commissioner Riah Phiyega. About 500 employees are expected to take part in the march which will be led by South African Police Union (SAPU) deputy president Tumelo Mogodiseng. The strike has been on since 18 July this year. Pretoria News
Read more
  • 0

Peu Capital Partners en Tshwane Stadsraad kontrak ongeldig

‘n Volle regbank van die Noord Gautengse Hooggeregshof het beslis dat die R950 miljoen kontrak vir voorafbetaalde elektrisiteit meters ongeldig is. Reeds in 2012, toe die tender onder ANC beheer toegeken is, is vrae gevra oor die regsgeldigheid van die kontrak. Die R950 miljoen wat in trust geplaas is moet nou uitbetaal word aan die Raad en die Raad moet voorleggings maak hoe alle bande met Peu en TUMS ontbind gaan word. Deur: Die Vryburger
Read more
  • 0

Transnet-pensioenarisse gaan betoog

Transnet-pensioenarisse gaan ‘n optog hou teen die ministers van finansies en openbare ondernemings. Die pensioenarisse eis onmiddellike verligting vir hul haglike finansiële situasie wat veroorsaak word deur die skrale Transnet-pensioen wat hulle maandeliks ontvang. Die betoging gaan more, 11 Oktober, om 09:30 op Kerkplein in Pretoria begin. Deur: Die Vryburger
Read more
  • 0

afrikaanse musiek DROME IN N CARDBOARD BOX

Dis n reis deur die lewe op pad na die toekoms drome in n cardboard box 110707 met ons drome in n cardboard box en my dutsan pick up van met n orange on the arial en n dashboard battery operated fan kyk jy my so square innie oe en se baby you re my […]
Read more
  • 0