Interdik teen onwettige grondgrypers in Hammanskraal toegestaan

Argieffoto

AfriSake het vandag namens sommige van hul lede ’n dringende interim interdik bekom om grondgrypers te verhoed om privaat grond in Hammanskraal in die noorde van Pretoria onregmatig te beset. Die keerdatum om die saak in die hof te finaliseer, is 8 Januarie 2018.

“Ons maan die publiek om veral in die komende feesseisoen ’n wakende oog oor hul eiendom te hou omdat die tendens van grondbetreding dikwels in hierdie tyd van die jaar toeneem,” sê Charles Castle, bestuurder van AfriSake se arbeidsregadvieseenheid. “Artikel 25 van die Grondwet waarborg aan elkeen die reg om nie arbitrêr van hul regmatige eiendom ontneem te word nie. Ons doen daarom weereens ’n beroep op die SAPD en veral die Pretoria Metropolitaanse Polisie om proaktief op te tree, hul pligte na te kom en die publiek se regte te beskerm. Ons moet elke sentimeter eiendom beskerm wat in besit van regmatige eienaars is. Ons kan nie toelaat dat Suid-Afrika in ’n tweede Z…

Read more
  • 0

Pretoria-slimmeters: Hof sê oor kontrak

Foto: Argief

’n Volbank regters in die hooggeregshof in Pretoria het vandag beslis dat die kontrak tussen die Tshwane-metroraad en PEU Capital Partners (PEU) onreëlmatig is en dat die gevolge daarvan nietig is.

Dit het byna vier jaar geneem om hierdie punt te bereik, maar AfriSake het daarin geslaag om die betaling van R950 miljoen deur die Tshwane-metroraad aan PEU te verhoed.

Die beslissing is met koste ten gunste van AfriSake gemaak, wat aangevoer het dat die kontrak nie voldoen aan die vereiste tender- en verkrygingsprosedures, soos voorgeskryf deur die Grondwet en verkrygingswetgewing, nie.

Aanvanklik is die aansoek teen sowel die Tshwane-metroraad as die PEU ingedien, maar ná die regimeverandering van die ANC na die DA in Augustus 2016 het die stad sy standpunt verander en AfriSake se aansoek ondersteun.

“Ons is baie tevrede met vandag se hofuitspraak. Die Tshwane-metroraad moes nooit die kontrak met PEU geslui…

Read more
  • 0