‘Kaper’ in Pta doodgeskiet

Die polisie en paramedici op die toneel. Foto: Verskaf

ʼn Vermeende kaper is Vrydagmiddag deur ʼn beampte van die Tshwane-metropolisie in Pretoria doodgeskiet.

Nonhlanhla Mgiba, woordvoerder van die metropolisie, het gesê die voorval het omstreeks 13:30 in Hercules in die weste van Pretoria plaasgevind terwyl beamptes met ʼn roetine patrollie besig was.

“Beamptes het vier verdagtes in ʼn groen Toyota Corolla in die omgewing opgemerk. Beamptes van die dwelmeenheid het die voertuig voorgekeer met doel om die insittendes te ondervra en te deursoek,” het Mgiba gesê.

Volgens Mgiba het beamptes die voertuig genader, waarna een van die insittendes glo ʼn 9 mm-pistool probeer hanteer het. “Dit het een van die beamptes genoop om die verdagte uit selfverdediging te skiet.”

Die verdagte is deur paramedici van Best Care-ambulansdienste op die toneel dood verklaar. Xander Loubser, woordvoerder, het gesê die man, in sy laat 20’s, was r…

Read more
  • 0

Jong Pta-verliefdes sterf saam op motorfiets

Zhaan Smit en Lezette de Beer. Foto: Via Facebook

Twee mense is dood en twee kritiek beseer toe ʼn motorfiets en ʼn Opel Kadett Saterdag in die vroeë oggendure in Pretoria gebots het.

Xander Loubser, woordvoerder van Best Care-ambulansdienste, het Saterdag aan Maroela Media gesê die botsing het in Mootstraat in Daspoort in die weste van die stad plaasgevind.

“Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en word deur die polisie ondersoek. Twee mense wat op die motorfiets was, is op die toneel dood,” het Loubser gesê. Loubser kon nie dadelik hul ouderdomme bevestig nie, maar het wel gesê dat hulle ʼn jong man en vrou was.

Loubser het gesê twee insittendes in die Opel het kritieke beserings opgedoen en hulle was in die voertuig vasgekeer. Hulle is na die Steve Biko-hospitaal geneem nadat hulle uit die motor se wrak gesny is.

“ʼn Vrou, vermoedelik die bestuurder van die motor se ma is, het op die toneel inmekaargesak. Sy is ook …

Read more
  • 0