NVG en Valke te Sleg om hul ANC Makkers te Vervolg, Kruip weg Agter Heksejag vir Dekades oue “Misdade” van Apartheidsera!

Die land val uit mekaar uit en word oorheers deur bendes, kriminele, bedreigers en korrupte ANC kaders, wat Miljarde belastingbetalers geld in hul sak steek, en die NVG en Valke het heeltemal misluk, om enige verskil in die tsunami van misdaad te maak. Inderdaad, nie eens 56 moorde per dag in gruweldade soos plaasmoorde, verkragtings, kapings, huisbesettings, marteling, transito rooftogte waar bombe en masjien gewere gebruik word, ensovoorts, kan hul aanspoor om wet en orde toe te pas nie. Die NVG en Valke wil liewer lyf wegsteek en die ou apartheids donkie looi, om die aap agter die bos te gaan haal, om drie dekade oue “misdade” te gaan soek van die apartheids era. Hulle vergeet dat onder apartheid was die ANC verban, vir goeie rede, want ons sien elke dag die hel wat ANC se sosialisme meegebring het. ‘n Kommunis se misdaad is ‘n ander se veiligheid, en dit is die NVG en Valke se verskoning om nie hul eie makkers te agtervolg nie. (more…)
Read more
  • 0

ANC Regime Vervreem Homself van Wetsgehoorsame Burgers deur Nasionale “Demokratiese” Rewolusie (NDR) bo Grondwet te Plaas – Ad Hoc Groep

Die Ad Hoc Groep vir die Beskerming van Eiendomsregte het ‘n verklaring uitgereik na afloop van ʼn byeenkoms van verskeie organisasies en groepe op 23 Junie 2021 te Pretoria, waarin die voorgestelde wysigings aan die Vuurwapenbeheerwet, wat in die Staatskoerant vir kommentaar gepubliseer is, bespreek was. Volgens die Ad Hoc groep word Vuurwapenbeheer Konsepwetgewing gesien as nog ʼn aanslag op eiendomsreg. (more…)
Read more
  • 0

Gedwing tot “Dubbele Belasting” – Supreme Poultry Betaal R100,000 uit eie sak om Hartbeespoort se Onversorgde Waterpype te Herstel!

‘n Onderneming van Hartbeesfontein, Supreme Poultry, het uit desperaatheid self R100,000 betaal om waterpype te koop, om stukkende munisipale waterpype te herstel, nadat die gebied vir amper ‘n week sonder water was. Supreme Poultry moes ook teen astronomiese koste self nuwe water reservoirs op hulle eie perseel oprig, vir wanneer daar weer nie water is nie. (more…)
Read more
  • 0

Ad Hoc Groep vir die Beskerming van Eiendomsreg Sien Onteiening van Vuurwapens as Skending van Eiendomsreg

Die Ad Hoc Groep vir die Beskerming van Eiendomsreg gaan byeenkoms hou met senior rolspelers in die burgerlike samelewing, politieke partye, individue en veral ook regslui en akademici, op 23 Junie 2021 by TLU SA se hoofkantoor in Silverton, Pretoria en sal via Zoom aangebied word. Organisasies, politieke partye en belangegroepe gaan standpunt neem oor voorgestelde vuurwapenbeheer wetsontwerp.  (more…)
Read more
  • 0

SABC Wil SAUKnuus Sensuur en Toemaak! Moet Ons vir Ons Erfenis Veg of Ingee en Naam Verander?

Dringende Uitroep tot Aksie: Die ANC se SABC hou nie van ons berigte nie, en hulle dreig ons met dagvaardings omdat ons "nie inhoud sensuur nie, en nie hul fact-checkers" gebruik nie. Soos baie weet, as deel van hul poging om Afrikaans tot niet te maak, het de SABC dekades laas die SAUK naam amptelik gebruik, en het ons uitgelos vir die byna 20 jaar wat ons die sauk.co.za domein besit, en die SAUK naam gebruik vir ons Afrikaanse Nuus en Radio. Maar nou dat ons meer aandag trek, met byna 80,000 volgers op FB, meer as 135,000 unieke kuiermense op elk van ons webwerf en radio per maand, en waar ons die ANC se haat en foute daagliks uitbasuin, het hulle besluit om ons te probeer stilmaak. Ons kan natuurlik net ingee en ons naam verander, maar almal weet "SAUK" en "ANC" hoort nie saam nie. SABC lieg en eis dat hulle "in die SAUK naam belê", maar ons kon oor die jare nêrens bewyse daarvan vind nie, inderdaad, ons kon geen plek vind waar hulle die SAUK naam amptelik gebruik nie, selfs…
Read more
  • 0

Skaapdief Moord by #Dirkiesdorp2 – Enkel Staatsgetuie Weerspreek sy Hof Getuienis in SABC Onderhoud!

Soos SAUK Nuus voorheen genoem het, die Dirkiesdorp sake (daar is 2), stem elke dag meer en meer ooreen met die rassistiese Coligny saak, en dit word bewys elke dag wat die sake in die hof voortduur. ‘n Advokaat vir die verdediging, Adv. Jaap Cilliers, het Donderdag ‘n groot slag geslaan toe hy video getuienis vir die hof gewys het, wat die leuens van die Staat in die Dirkiesdorp2 saak uitwys. (more…)
Read more
  • 0

#Dirkiesdorp Swart Werker Getuig hy was Deur SAPD Gedreig om Wit Boere Valslik by Moordsaak te Betrek!

Soos ons voorspel het, is die #Dirkiesdorp saak besig om in die tweede Coligny te verander. Soos in Coligny maak die Staat al weer staat op een enkele swart twyfelagtige getuie (boonop ‘n skaapdief) om vir Werner Potgieter, eienaar van Pampoenkraal plaas by Dirkiesdorp, sy plaasbestuurder Cornelius Greyling, sy sekuriteitshoof Zenzele Yende en nog 5 plaaswerkers aan te kla weens moord op 2 skaapdiewe in Augustus 2020. (more…)
Read more
  • 0

Een Kyk in Plaasaanvaller se Haat Gevulde oë en sy het Geweet dat sy Moet Veg of Sterf!

“Hy sou my doodgemaak het as ek nie baklei het nie,” het ‘n bejaarde vrou gesê wat besluit het om terug te veg nadat sy in die bloeddorstige oë van die plaasaanvaller gekyk, het in ‘n plaasaanval in Kameeldrift-Wes. Emmerentia Botha (57) het Sondag een blik in die bloeddorstige oë van die plaasaanvaller gegee, en besef dat sy sal moet terugveg, anders sal hy haar doodmaak. (more…)
Read more
  • 0