Video: Chaos in Pretoria se CBD – Polisie se swak optrede en houding is slegter as die van kriminele

Taxi eienaars, sakelui en inwoners wat die chaos in Pretoria beleef het, sê die polisie se swak optrede en onverskillige houding was slegter as wat die kriminele elemente is. ’n Taxi bestuurder het aan die media gesê Suid-Afrika sal nooit uit die gemors kom solank hy tevrede is met die swak polisiediens nie, veral omdat hulle slegter as die misdadigers is. ’n Ander persoon het daarop gewys dat hy die afgelope ses jaar gesien het hoe die polisie onskuldige mense mishandel terwyl die skuldige elemente skotvry kom. Die polisie het die afgelope paar dae verskeie kere met rubber koeëls die skare uitmekaar gejaag, en in die proses mense beseer wat geen verbintenis het met die oproerige gevegte in Pretoria se strate nie.
Read more
  • 0

Man kritiek ná ontploffing by Pta-fabriek

Foto: Verskaf.

ʼn Man in sy 30’s is in ʼn kritieke toestand per helikopter na die Milpark-hospitaal in Johannesburg gehaas nadat daar ʼn ontploffing plaasgevind het in die fabriek in Pretoria waar hy werksaam is.

Xander Loubser, woordvoerder en paramedikus van Best Care-ambulansdienste, het aan Maroela Media gesê hulle het die man op die toneel gestabiliseer en na die skouterrein vervoer waar hy deur ʼn mediese helikopter opgelaai is.

“Hy het baie ernstige wonde aan sy gesig, bolyf, borskas, arms en die res van sy lyf opgedoen. Ons moes ʼn aar in sy been kry om die drup in te sit,” het Loubser gesê.

Volgens hom is niemand anders tydens die voorval beseer nie. “Dit blyk dat ʼn gasbottel ontplof het,” het Loubser gesê.

Johan Pieterse, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, het aan Maroela Media gesê die brandweer is tans op die toneel aangesien die brand weer opgevlam het. “Dit gebeur gereeld, dit lyk of alles geblus is, …

Read more
  • 0