Pretoria-slimmeters: Hof sê oor kontrak

Foto: Argief

’n Volbank regters in die hooggeregshof in Pretoria het vandag beslis dat die kontrak tussen die Tshwane-metroraad en PEU Capital Partners (PEU) onreëlmatig is en dat die gevolge daarvan nietig is.

Dit het byna vier jaar geneem om hierdie punt te bereik, maar AfriSake het daarin geslaag om die betaling van R950 miljoen deur die Tshwane-metroraad aan PEU te verhoed.

Die beslissing is met koste ten gunste van AfriSake gemaak, wat aangevoer het dat die kontrak nie voldoen aan die vereiste tender- en verkrygingsprosedures, soos voorgeskryf deur die Grondwet en verkrygingswetgewing, nie.

Aanvanklik is die aansoek teen sowel die Tshwane-metroraad as die PEU ingedien, maar ná die regimeverandering van die ANC na die DA in Augustus 2016 het die stad sy standpunt verander en AfriSake se aansoek ondersteun.

“Ons is baie tevrede met vandag se hofuitspraak. Die Tshwane-metroraad moes nooit die kontrak met PEU geslui…

Read more
  • 0

Pta-woonbuurte deur wateronderbreking geraak

Foto: Pixabay.com

Die Tshwane-metro het inwoners gewaarsku dat ʼn paar woonbuurte in Pretoria Woensdag deur ʼn onbeplande wateronderbreking geraak gaan word.

Selby Bokaba, ʼn woordvoerder van die metro, het gesê wateronderbrekings kan ervaar word weens noodherstelwerk aan die toevoerpyplyn van die Meintjieskop-reservoir.

“Die reservoir gaan tussen 08:00 en 16:00 tydelik afgeskakel word om die stad se span loodgieters in staat te stel om ʼn groot waterlek op dié pyplyn te herstel,” het Bokaba gesê.

Die woonbuurte wat geraak gaan word, is Arcadia, Bryntirion, Deerness, Eastcliff, Eastwood, Elandspoort, Lisdoganpark, Prinshof, Rietfontein, Rietondale en Riviera. Die middestad gaan ook geraak word.

Die metro het verskoning gevra vir enige ongerief wat deur die onbeplande onderbreking veroorsaak word.

Read more
  • 0