Nuus Uit Ons Toekoms Dalk? Stel Jou Voor – ‘n Nuusberig van 20 Junie 2045

Verbeel jou, 'n Nuus.net leser het vir ons 'n nuus berig gestuur uit ons toekoms, hopenlik... Die hooftrekke vandag 20 Junie 2045: 1. Oranjestad. Minister President Gerrit van Veen het vanmiddag 'n gedenkteken onthuldig vir slagoffers van ANC-terrorisme. 2. Die ministerie van ekonomiese sake het vandag die nuutste syfers bekendgemaak. - Inflasie op verbruikersindeks is op 1,6% die hoogste die afgelope 5 jaar. - Werkloosheid onder jongere tot 25 is verder gedaal na 4% en algehele werkloosheid is op 3%. 3. SpaceX en die Federale Regering Oranjeland het 'n prinsipale ooreenkoms aangegaan waarmee jaarliks 15 belowende Matrieks by SpaceX ambagte gaan volg, die eerste kandidate is al deur deur voormalige Suid Afrikaner Elon Musk persoonlik verwelkom. 4. Die onlangs opgerigte Bio Energiesentrale in Venterdorp het weer 5*-sterre gekry van CleanTech van die Verenigde Nasies. Dit is die 3e keer in 'n ry dat ons landjie die prys verwerf. 5. Aan ons oosgrens is weer 4 t…
Read more
  • 0

SA op Pad na Winter van Fase 4 en 5 Kragonderbrekings Weens Onversorgde Infrastruktuur wat Land se Ineenstorting Versnel!

Suid-Afrika is op pad na ‘n winter van ontevredenheid, nie net as gevolg van die swak bestuurde Covid-reaksie nie, maar dit staar nou ook fase 4 en 5 beurtkrag in die gesig, omdat infrastruktuur verbrokkel het vanweë gebrek aan onderhoud. Die energiekenner Chris Yelland, direkteur van EE Business Intelligence, het gesê beurtkrag sal hierdie winter net vererger. (more…)
Read more
  • 0

Min Hoop vir die Noord Wes Wyl ANC Faksie Aasvoëls die Karkas van Munisipale Rekeninge Droog Plunder!

Die tekens van verwaarlosing en verval was oral. Eens trotse Wes-Transvaalse dorpe is nou vullishope waarop ANC-politici onder mekaar veg om hul hande op die laaste bietjie geld in die munisipale bankrekeninge te lê. Ongelukkig vat dit die stand van plaaslike regering regoor Suid-Afrika saam, maar veral in provinsies soos Noordwes en die Vrystaat wat jare lank in die wringgreep van die sogenaamde RET-faksie (Radikale Ekonomiese Transformasie) van die ANC was. (more…)
Read more
  • 0

Eskom te Bankrot om Salaris Verhogings te Gee

Suid-Afrika se bankrot nasionale kragvoorsiener, Eskom het nie die vermoë om salarisse te verhoog nie, omdat daar geen geld oor is nie. Eskom het ‘n skuldlas van byna R500 miljard wat vereffen moet word, en met rentekoerse wat mettertyd geleidelik styg, groei die uitdaging. (more…)
Read more
  • 0