Wil Diktator Lesufi Blanke Kinders na Lokasie Skole Stuur? Geforseerde Rasse Integrasie Ontneem Ouers van Grondwetlike Reg tot Vryheid van Assosiasie in Gauteng!

Lesufi, wat wel bekend is vir sy diktatoriale anti Afrikaanse uitlatings, het sy plan vir etniese volksmoord deur geforseerde rasse integrasie in skole uitgelê, wat mense se grondwetlike reg tot vrye assosiasie ontneem. Dit is duidelik dat tuiskool of CVO skole die enige pad vorentoe is vir blankes. Die omstrede LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, het sy bose plan uitgelê Sondag tydens ‘n persverklaring, toe hy ook aangekondig het dat die graad 1 -klas van 2022 in Gauteng oudergewoonte immuniseringskaarte (nie Covid19 inenting nie) moet voorsien om by skole toegelaat te word.  (more…)
Read more
  • 0

Boer wil Midvaal Munisipaliteit Dagvaar na sy Beeste Vrek na Munisipale Rioolvuil Water in sy Dam Oorgeloop het!

‘n Vooraanstaande boer van die plaas Klipdraai in Rothdene wil die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit hof toe neem nadat verskeie beeste op sy plaas gevrek het. Frik van Greune sê daar is onlangs sewe beeste op sy plaas dood nadat hulle besoedelde water uit ’n dam op sy plaas gedrink het. Volgens Van Greune het dit gebeur nadat rioolvuil onlangs weer by ’n drein naby aan sy plaas oorgeloop het en in van Greune se plaasdam beland het. (more…)
Read more
  • 0

Oproep vir die dood van Amerikaners in SA – ‘Een koeël, een Amerikaner’, dreunsing dit buite Amerikaanse ambassade in Pretoria

ʼn Dreigement van “een koeël, een Amerikaner” is Donderdag buite die Amerikaanse ambassade in Pretoria gejil waar honderde betogers byeengekom het om kapsie te maak teen Amerikaanse buitelandse beleid in die Midde-Ooste. “Die Amerikaners is die grootste terroriste ter wêreld. Hulle is verantwoordelik vir terreur in Kuba, Venezuela en talle ander lande in Suid-Amerika. Nou het hulle besluit die Midde-Ooste is hulle basis. Ons boodskap is dat daar geen tuiste vir julle is nie, anders gaan julle huis toe in kiste. Binnekort gaan julle die slagspreuk ‘een koeël, een Amerikaner’ hoor,” het Shuaib Booley, voorsitter van die Ahlul Bayt- Islamitiese Raad van Suid-Afrika onder luide toejuiging van die skare gesê. Booley het die skare gelei in krete van “Allahu akbar” (God is groot) terwyl ambassade-werkers die betoging op ʼn afstand gade geslaan het. Amptenare het Booley later gestuit voordat hy die gebou kon binnegaan as deel van ʼn afvaardiging wat ʼn memorandum sou oorhandig. Oo…
Read more
  • 0

Ontevredenheid oor verskriklike toestand van Pretoria dieretuin – geen geskikte habitat en diere word dae lank nie gevoer nie

Die nasionale dieretuin is die grootste dieretuin in die land, maar besoekers meen dat die bestuur nie daarin slaag om 'n geskikte habitat vir die diere te bied nie. Die welstand en versorging van diere in die Pretoriase dieretuin is deur diereliefhebbers bevraagteken, berig Rekord Noord. Verskeie opmerkings is op hul Facebook-blad geplaas. Die nasionale dieretuin is die grootste dieretuin in die land, maar besoekers meen dat die bestuur nie daarin slaag om 'n geskikte habitat vir die diere te bied nie. Daar is kommer uitgespreek oor die beweerde diere wat ondervoed is, die slegte reuk by die flamingo-omheining, sommige van die diere se water wat in dae nie vervang is nie, en die olifante se omhulsel het gedurende Desember se ontstellende hitte in Pretoria geen water gehad nie. 'N Diereliefhebber wat onlangs die dieretuin besoek het en gevra het om anoniem te bly, het gesê dat geregtigheid moet geskied. 'Die diere is in 'n slegte toestand. Dit lyk asof sommige…
Read more
  • 0

Lede van EFF beset grond onwettig by Silver Lakes, Boschkop in Pta – toekomstige nedersettings heet selfs ‘Winnie Mandela View’

Die organisasie Sakeliga sê grond is sedert die begin van vanjaar onwettig by Silver Lakes en Boschkop in die Tshwane-metrogebied beset en waarsku mense om waaksaam te wees teen dié soort optrede. “Die afgelope week het groepies grondbesetters, wat sê hulle is van die EFF, probeer om grond van ontwikkelaars noordoos van Pretoria te beset. Grondbesetters het op verskeie terreine by Silver Lakes en Boschkop toegeslaan en ‘erwe’ op die eiendomme probeer skoonmaak. Hulle noem hierdie toekomstige nedersettings selfs ‘Winnie Mandela View’, met blykbaar minstens drie uitbreidings daarvan,” het Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, gesê. Hy sê die polisie se optrede en regstappe het die proses tot dusver grootliks gestuit. Taktiek om grond te beset Sakeliga sê dit blyk dat grondbesetters verkenningsprosedures volg om onbewaakte grond te identifiseer voordat hulle permanente strukture begin oprig. Grondbesetters doen oënskynlik eers dié verkenningswerk om die reaksie …
Read more
  • 0

Oud Suid-Afrikaner noodlottig gewond na skote helder oordag klap by Menly Maine-winkelsentrum

JB Strydom is Maandag helder oordag in die parkeerterrein van die Menlyn Maine-winkelsentrum doodgeskiet. Strydom (44), wat etlike jare lank ’n insleepdiens-onderneming in Kempton Park bedryf het, was net vir ’n kort besoek in Suid-Afrika was nadat hy onlangs na Brittanje geëmigreer het. Hy is in die parkeerterrein van die Menlyn Maine-winkelsentrum tromp-op in die bors geskiet toe hy glo vir ’n vriend in die bres probeer tree het. Volgens inligting ontvang was Strydom by die sentrum om ’n vriend te ontmoet. ’n Woordewisseling het uitgebreek tussen dié vriend en ’n ander man wat uiteindelik vir Strydom geskiet het. Cedric Martel, eienaar van Le Martel Security, wat by die sentrum was vir ’n vergadering sê hy het ook die stryery gehoor op die vêrste punt van die parkeerterrein. Volgens beriggewing van Netwerk 24 was daar twee anonieme ooggetuienis wat gesien het hoe die man geskiet is deur ’n “man met donker hare en ’n lang poniestert”. Albei het ook die stryery gesi…
Read more
  • 0

Letterlik ’n swart Vrydag in Pretoria na twee geldwaens beroof is in die area

In Pretoria se westelike gebied, by die Kit Kat Plaza, is ’n geldwa beroof en minstens een sekuriteit beampte is gewond in die voorval. Die gewapende rowers het nie gehuiwer om die sneller te trek nie, en het met ’n onbekende bedrag die hasepad gekies. ’n Woordvoerder van die polisie sê die een verdagte het in ’n ambulans weggevlug, Op dieselfde dag is ’n tweede geldwa sowat 50 kilometer noord van Pretoria, op die N1 naby Hammanskraal afgetrek deur drie gewapende skurke. Die geldwa is deur ’n ander voertuig gedwing om te stop deur in hom vas te ry, waarna die gewapendes opgetree het. Die voorvalle is later deur ’n leser beskryf as nog gebeure van ’n Swart Vrydag, want baie geld is deur ’n klein klompie gewapende diewe weggedra. Verskeie persone het die mening uitgespreek dat die twee rooftogte waarskynlik deur dieselfde span diewe uitgevoer is, en dat hulle binnekring inligting gehad het.
Read more
  • 0

Nog ‘n vermorsing van die belastingbetaler se geld! – Miljoene in drein af want Tshwane-huise sal gesloop en herbou moet word a.g.v. swak vakmanskap en vandalisme

Die munisipaliteit van Pretoria is in die moeilikheid, maar ontken dat baie huise gesloop en herbou moet word. 'n Multimiljoenrand verlate behuisingsprojek in Ga-Rankuwa-eenheid 10 in die stad Tshwane, sal gesloop en herbou moet word teen ekstra kostes ná kontraktuele geskille met die kontrakteur wat die projek in Junie vanjaar laat vaar het. Volgens ingeligte bronne word die multi-miljoen Randse behuisingsprojek in die Ga-Rankuwa-omgewing egter reeds gesloop om weer op te bou. Volgens die LUR vir menslike nedersettings in Gauteng, Lebogang Maile, wat geantwoord het op skriftelike vrae wat in die Gautengse wetgewer voorgelê is, is 'n bedrag van R34,170,591,36 tot dusvêr bestee aan die bou van hierdie huise. "Dit is 'n vermorsing van belastingbetalersgeld en ons kan nie meer sulke misbruik verdra nie," het Kate Lorimer, die Demokratiese Alliansie (DA), Gautengse LUR vir menslike nedersettings en COGTA, gesê. Sy het gesê dat die behuisingsprojek in Mei 2011 geïnisi…
Read more
  • 0