Hoop Skiet Wortel! Hier is jou kans om by te dra en deel te word van ons strewe na self beskikking met Eureka Bpk

Advokaat Carlo Viljoen word aangestel as Besturende Direkteur in die direksie van die Maatskappy EUREKA BEPERK Ltd. Hieronder is sy eerste omsend skrywe maar eers die geleentheid wat Eureka nou aan alle Afrikaners bied om deel te neem, en by te dra aan ons strewe na self beskikking en onafhanklikheid. Deur ons te help om hierdie boodskap te versprei kan u nou vir uself aandele bekom in die dividend draende A klas aandele van die Maatskappy EUREKA BEPERK Ltd Reg no. 2016/348067/06. Ek glo dat almal van ons besef hoe belangrik dit is dat ons hierdie boodskap van Hoop aan al ons mense wêreldwyd moet versprei. Ons gee ook aan elke lid nou die kans om aandele in die toekoms van ons Maatskappy te besit. Al wat u moet doen om deel te neem aan hierdie opwindende poging,  is om hierdie Dokument aan soveel as moontlik mense per e-pos of messenger te versprei. Verkieslik per e-pos. Vir elke e-pos adres waarheen U hierdie aangehegde boodskap (18 Sept. Advokaat Viljoen omsend skryw…
Read more
  • 0

Aankondiging van Nersa oor Tshwane-kragtariewe – stad mag tariewe net met 13.07% verhoog

Die VF Plus is vandag reg bewys oor krag deurdat NERSA die kragtariewe wat deur die Tshwane-metroraad ingedien is, verwerp het en eerder die voorleggings van die VF Plus, AfriForum en die Elektrisiteitherverkopers-assosiasie van Suid-Afrika (Erasa) aanvaar het. Volgens NERSA mag die stad die tariewe met 13.07% verhoog (vir die 2019/20 finansiële jaar), gegrond op die vorige jaar se struktuur (2018/19), en nie volgens die nuwe voorgestelde struktuur nie. Die aankondiging deur NERSA word ook as ‘n reuse oorwinning vir verbruikers beskou. Die raad wou ‘n totaal nuwe ingrypende struktuur implementeer wat ‘n vaste fooie van R56 vir alle verbruikers sou insluit asook spesiale winter-tariewe. Die ander groot strukturele verandering is die wegneem van die 2 kategorieë of kerwe wat die metroraad wou implementeer en die behoud van die bestaande 4 kategorieë of kerwe waarvolgens krag aangekoop word. Die nuwe struktuur sou klein-verbruikers, wat tipies laer-inkomste groepe en pens…
Read more
  • 0

Barbaarse studente in Pretoria stig brand voor Bheki Cele, minister van polisie, se kantore

‘n Groep studente van die voormalige Technicon, tans bekend as die Tshwane Universiteit van Tegnologie, het die polisie besig gehou deur ‘n brand te stig voor Bheki Cele, minister van polisie, se kantore in Pretoria. Dit volg na die dood van een opstoker student op die Soshanguve kampus tydens geweld wat daar uitgebreek het. Waarnemers vra die vraag wat sal die polisie doen as boere strate afsper en breek en brand oor plaasmoorde? Deur: Die Vryburger
Read more
  • 0

PRETORIA WOMAN CELEBRATES 106TH BIRTHDAY

Health MEC Gwen Ramokgopa says the National Development Plan’s goal to have a minimum life expectancy of 70 years is achievable. The MEC was part of birthday celebrations for 106-year-old Makwena Mabitsela in Atteridgeville on Saturday. She has urged South Africans to lead healthy lifestyles in their quest for a longer life. Ramokgopha says Mabitsela is an inspiration. “I tried to hold a mic for her and she said no, she’ll hold it herself. She’s an example of what is possible in terms of longevity.” By: EWN
Read more
  • 0

Wiskunde-winterskool vir matrieks aangebied

Die wiskunde-winterskool word by studiesentrums landswyd aangebied. Foto: Verskaf

Solidariteit Helpende Hand bied vanjaar vir die derde keer hul gewilde wiskunde-winterskool vir matriekleerlinge aan.

Die winterskool word elke jaar deur ʼn ervare wiskunde-onderwyser deur middel van Akademia se elektroniese platforms aangebied. Matrieks landswyd het dus toegang tot die winterskool en kan dit by enige van die studiesentrums in Centurion, Pretoria-Moot, Krugersdorp, Bloemfontein, Somerset-Wes en die Paarl bywoon.

Valentyn van der Merwe, wiskunde-onderwysspesialis by Helpende Hand, het gesê Rika Grobler sal vanjaar se winterskool aanbied. “Sy is baie ervare en was al die eksaminator en moderator vir graad 12 se vraestel 2,” het Van der Merwe gesê.

“Die winterskool bied ʼn goeie geleentheid vir leerlinge om seker te wees dat hulle deeglike hersiening doen voor hul rekordeksamen en eindeksamen. Goeie prestasie in wiskunde ontsluit d…

Read more
  • 0

[Video] Volledige registrasie amptelik aan Akademia toegeken

Van die studente wat in April van Akadmia se eerste grade ontvang het. Foto: Jhua-nine Wyrley-Brich/Forumnuus.co.za.

Akademia het pas bekendgemaak dat dié Afrikaanse gemeenskapsuniversiteit nou volledig as hoëronderwysinstansie deur die departement van hoër onderwys en opleiding (DHET) geregistreer is.

Die instansie het op 30 Mei die goeie nuus van die DHET ontvang dat dit nou volledig geregistreer is ná ʼn omvattende gehaltebeheerproses wat ses jaar lank geduur het. Akademia het in dié tydperk alle voorwaardes van die departement nagekom en aan alle vereistes voldoen.

By Akademia se oprigting het die DHET voorwaardelike registrasie as hoëronderwys­instansie aan Akademia toegeken. Dr. Paul Steyn, Akademia se provoos, verduidelik dat voorwaardelike registrasie bloot beteken het dat Akademia eers aan die DHET moes bewys lewer dat die instansie volhoubare programme van hoë akademiese gehalte kan aanbied. Ten minste een kohort van stud…

Read more
  • 0