Twee vroue ontvoer in Montana, losprys geëis

Twee vroue het 'n nag van terreur oorleef nadat hulle in die noorde van Pretoria ontvoer . Marelize Taljaard en Melonie Booysen is glo gisteraand gekaap, net buite een van die vrouens se woonplek in Montana. Johan van Dyk, polisiewoordvoerder van Sinoville, het gesê die kapers het albei vroue in Booysen se Toyota Corolla gevange geneem. "Die twee vroue het glo omstreeks 20:00 gekuier buite die woonhuis in Montana nadat een van die vrouens se man weg was om kos te koop," het Van Dyk gesê. "Nadat die man teruggekeer het, het hy gevind sy vrou is weg. Haar selfoon is binne-in die huis gevind, en hy het dadelik geweet iets is verkeerd. ' Kort nadat die vroue verdwyn het, het die Eblockwatch-gemeenskapswaggroep die inwoners regoor Pretoria gewaarsku. SMS-boodskappe en sosiale mediaposte is na meer as 6 000 Eblockwatch-lede gestuur om na die vroue en die gekaapte voertuig te kyk, volgens André Snyman, die stigter van Eblockwatch. "Die kapers het glo een van die …
Read more
  • 0

Valke hou Inkomstediens adjunk-direkteur gyselaar

Die Onafhanklike Polisie Ondersoekdirektoraat, OPOD, het bevestig dat hulle ‘n klag teen lede van die Valke ontvang het en dat dit ondersoek word. ‘n Klag van ontvoering is gisteraand by die Brooklyn polisiestasie gelê. Dit hou na bewering verband met ‘n gyselaarsituasie by die Inkomstediens se kantore in Pretoria oor ‘n e-pos oor aanklagte teen […]
Read more
  • 0