AfriForum onthul skokkende nuus: 56 wit skoolmeisies weens ras uit Gauteng-netbalspanne gelaat
Die burgerregteorganisasie AfriForum het in Pretoria bekend gemaak dat dié organisasie die keurders vir die Gautengse o.12- tot o.18-skolespanne se puntestate bekom het.
Dié puntestate bewys dat 56 wit meisies, wat volgens die keurders se beoordeling op meriete vir die spanne gekies moes word, egter weens hul ras uit die spanne gelaat is.
AfriForum het reeds namens 12 van die benadeelde meisies se ouers amptelike klagtes by Netbal Suid-Afrika (NSA), Suid-Afrikaanse Skolenetbal (SASN) en Gauteng Skolenetbal (GSN) ingedien. Dié klagtes eis onder meer dat rassekwotas afgeskaf moet word en dat die benadeelde meisies skriftelik erkenning van GSN moet kry dat hulle wél op meriete gekies moes word. (Die volledige klag en die keurders se puntestate word hierby aangeheg.)
AfriForum en die ouers het in hul klagtes aan die bogenoemde netbalinstellings aangedui dat, sou daar nie binne 14 dae aan hul eise voldoen word nie, ’n amptelike klag van rassediskriminsaie teen NSA by die I…
Read more