[Boek] Doodloopstraat: Die dood trap in jou spoor

Leon van Nierop

Lourens Schoeman veroorsaak ’n beroering met sy aankoms op ’n dorpie in Botswana. Die gemeenskap wonder hoekom die aantreklike jong man ’n pak klere dra ten spyte van geweldige hitte en waarom daar soveel hartseer in sy oë skuil. Maar hy swyg soos die graf oor sy verlede.

Toe Elzaan Jonker dit regkry om Lourens effens beter te leer ken, besluit sy om ondersoek in te stel. Sy is vasbeslote om uit te vind wat hom jaag en hoekom ’n plaaslike inwoner glo dat hy die doodsengel is.

Doodloopstraat het oorspronklik in 1997 as ’n vervolgverhaal in Keur verskyn, en is in 2002 as roman gepubliseer. Hierdie boek is ’n verwerkte weergawe van die 2002-publikasie.

Oor die outeur

Leon van Nierop is ’n bekende radiopersoonlikheid, rolprentresensent, skrywer van romans, radio- en televisievervolgverhale soos Wolwedans in die skemer en Ballade vir ’n enkeling en die draaiboeke van die roplrente gebaseer op hierdie twee verhale. Hy was vier jaar lank …

Read more
  • 0