Ver Linkse CNN Bestempel Richard Branson se “Ruimtevlug” as “Afskuwelik” weens die Sogenoemde Impak op “Klimaatsverandering”!

Volgens die ver linkse Commie News Network (CNN), is Amerikaanse uitsonderlikheid en prestasies nou “afskuwelik,” alhoewel dit self baie van Amerika se groot oomblikke gevier het! Elke nou en dan, of daar inperking is of nie, word ons daaraan herinner hoe wonderlik mense kan wees, en vir sommige is die uiteindelike plan, as U ryk genoeg is, om ‘n kaartjie te koop en na die ruimte te vlieg, sonder om eers ‘n ten volle opgeleide ruimtevaarder te wees, om dit te kan doen. (more…)
Read more
  • 0

Eedsverklaring van Vermiste Fluitjieblaser Beweer Ramaphosa se CR17-veldtog het Regter Zondo R5 Miljoen Kontant Gegee en NDZ-personeel Omgekoop!

Volledige beëdigde verklaring hieronder sodat U self kan besluit: Dit is welbekend dat groot bedrae geld bekom en bestee is om Cyril Ramaphosa te kry om NDZ in 2017 se ANC-leierskapsverkiesing, naelskraap te klop. Wat die jongste bewerings van kardinale belang maak, is dat die regter wat die BOSASA-korrupsiesaak gelei het, Raymond Zondo, die vermeende ontvanger van R5 miljoen kontant is. Die Valke het bevestig dat hulle vier sake ondersoek wat verband hou met die beëdigde verklaring deur die vermiste ANC-kader Phadima Fukula, oor korrupsie by Cyril Ramaphosa se CR17-verkiesingsveldtog, wat regter Raymond Zondo, Gwede Mantashe, die Ooskaap-premier Lubabalo Oscar Mabuyane, en Blade Nzimande betrek. Die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek (Valke) het Dinsdag 4 Mei aangekondig dat hy vier sake ondersoek, wat verband hou met korrupsie-bewerings deur die ANC-fluitjieblaser Phadima Fukula. Een van die sake is in Gauteng geopen en die oorblywende drie in die Oos-Kaap. "Al…
Read more
  • 0

Kommuniste Huil na Malema se Twitter Tydelik Opgeskort Word, Maar Wil Sosiale Media Gebruik om Blankes aan te Val!

Tipies vir kommuniste, wil die Malema-ondersteuners hê selfs Twitter se reels moet verskillend toegepas word vir hulle, tenoor hul “vyande”, met uitsonderings vir hulle. Dit terwyl elkeen toestem tot die platform se besluite sodra hulle aanteken daarvoor. National Union of Metalworkers of SA (Numsa) se hoofsekretaris, Irvin Jim, het die tydelike skorsing van die EFF-leier Julius Malema vandeesweek op Twitter toegesnou, al is baie van die mening dat dit al lank terug moes gebeur het. (more…)
Read more
  • 0

Geweld van Ramaphosa Faksie Teen Zuma Malema RET Faksie gee Suid Afrikaners ‘n Voorsmaak van hoe Siviele Oorlog Gaan Lyk!

Ons sit met ‘n tamatietjie in SA want as wetsgehoorsame burgers, wonder ons of ons nou die wet moet nakom of nie, wanneer die polisie afwesig is te midde van volskaalse plundery en geweld. Burgers maak planne om hulself en hul buurt te beveilig, maar kry dan die wind van voor, van die afwesige wetstoepassers, want dit is glo teen die wet. (more…)
Read more
  • 0

Plundering & Geweld is 100% die ANC Leierskap se Skuld! Wie het Zuma Toegelaat om Korrupsie te Pleeg?

Terwyl die onluste wyer sprei met meer en meer besighede en fasiliteite wat sluit, wat tot voedsel tekorte lei, kom meer en meer mense en groepe tot die besef dat dit nie net die tsotsies en kriminele se skuld is nie. Dit is nou dekades wat die ANC hul eie party regeer met ‘n baie slap riem, en toegelaat het dat hul lede en leiers maak wat hulle wil met min sensuur of nagevolge, al het dit ANC stemmers nog meer verarm. (more…)
Read more
  • 0

Ramaphosa wat Miljoene uit Veilings Verdien het, Laat Veilings weer toe Danksy Druk van die RPO

‘n Veeveiling is ‘n belangrike gebeurtenis op die platteland, en niemand weet dit beter as Cyril Ramaphosa, wie aankondiging het dat veilings nou weer mag plaasvind. Die aankondiging is deur die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) verwelkom na hulle hard agter die skerms gewerk het om die heropening van veilings te motiveer. Gesondheidsprotokolle is noodsaaklik, maar alle samekomste by landbou- en wildveilings word nou weer toegelaat. (more…)
Read more
  • 0