Het Ramaphosa #FreeZuma Onderskat? Suid Afrika Brand! Grootste Raffinadery, Suikermeule, Winkels, Hoofpaaie en Openbare Vervoer Sluit Weens Onluste!

Die #FreeZuma onluste maak wêreldwye nuus, met Fox News wat berig oor die onluste en plundery as dieselfde as “wat ons gesien het in Amerika,” met verwysing na BLM se landswye onluste en plundering laas jaar aangehits deur die Demokrate. Ramaphosa kon seker nie die geleentheid om die leier van sy politieke opposisie in hegtenis te neem, van die hand wys nie, maar het hy ‘n groter bomb aangesteek as wat self hy gedink het, want dit blyk dat die ANC regime glad nie daarvoor voorbereid was nie! (more…)
Read more
  • 0

Dali Mpofu lê Jacob Zuma se Saak Voor die Konstitusionele Hof en Beweer Regters het hul Ampseed Verraai

Deur die aansoek van die Zondo Staatskaping Kommissie om die voormalige president Jacob Zuma regstreeks te minag, en nie as ‘n appèl van ‘n laer hof nie, te verhoor, moes die Konstitusionele Hof homself behandel op dieselfde manier as wat hy enige laer hof sou behandel het: as hul uitspraak inbreuk maak op die grondwetlike regte van Zuma, moes dit omgekeer word, het Dali Mpofu, advokaat van Zuma, aangevoer. (more…)
Read more
  • 0

Ramaphosa Ontplooi Weermag na KZN en Gauteng om Pro Zuma Proteste, Geweld, Plundering en Politieke Opposisie te Stuit!

Ramaphosa en sy ANC faksie het misluk om die pro Zuma faksie proteste te marginaliseer, en moes die Suid-Afrikaanse weermag se magte in twee provinsies ontplooi, ná wydverspreide pro Zuma geweld en plundering wat onder ander paaie versper het, ‘n winkelsentrum aan die brand gesteek het, met verskeie dood en meer as 200 inhegtenisnemings na die gevangenskap van die leier van Ramaphosa se politieke opposisie, oud President Jacob Zuma. (more…)
Read more
  • 0

Riool in Erwe en Strate is Blykbaar Normaal vir ANC Leiers en Ondersteuners, Maar selfs DA Beheerde Tableview Sukkel!

Nuus.net het verlede week berig oor die stand van riool in Emfuleni op die Wesrand, wat gepaard gaan met die gebrek van dienslewering van munisipaliteite, en gebrek aan instandhouding. Dit is nou nie meer net ‘n ongerief nie, maar raak onveilig en ongesond, en in DA beheerde Tableview in die Kaap ontwrig dit normale lewe. Dit blyk asof raadslede nie weet wat ecoli is nie? (more…)
Read more
  • 0

Pro Zuma Proteste Sprei van KZN na Gauteng! Het Ramaphosa ANC Verdeel Deur sy Politieke Opposisie Tronk toe te Stuur?

Ramaphosa en sy ANC faksie probeer hul bes om die bom te ontlont wat hulle aangesteek het, deur die leier van hul politiek opposisie in die tronk te sit! SAPD het gewaarsku teen aanhitsing van geweld te midde van protes teen die in hegtenis neming van Jacob Zuma, wat al snelweë beïnvloed het en besigheid skade veroorsaak, wat kort voor lank die reeds swak ekonomie kan beïnvloed, en natuurlik word Covid maatreëls heeltemal vergeet. Dit is die Afrika manier om korrupte leiers te vereer en selfs Mugabe was deur sy volgers as “die Leeu van Afrika” aanbid. Net so wil die Zoeloe hul korrupte held red en dink weereens nie aan die gevolge van hul onluste in die sakewêreld nie, of die res van die land wat hulle glo deel. (more…)
Read more
  • 0

Forum vir Demokrasie (FvD) in Nederland Samel 50,000 Euro in Twee dae in om Youtube Hof toe te Neem oor Sensuur!

Die Nederlandse konserwatiewe politieke party Forum vir Demokrasie (FvD), gaan die Amerikaanse videoplatform YouTube dwing om nie video’s van die platform te verwyder nie, deur middel van ‘n regsgeding. Solank die inhoud nie die Nederlandse wet oortree nie, kan dit op die platform wees. In ‘n verstommende bewys van hoe sterk gevoelens oor Youtube se anti konserwatiewe sensuur is, het die FvD party ‘n bedrag van 50 duisend Euro, binne twee dae, by lede en simpatiseerders ingesamel, om vir die hofsaak te kan betaal. (more…)
Read more
  • 0

Wesrand Emfuleni Munisipaliteit kan nie sy Basiese Verantwoordelikheid Nakom nie en Word Gevaarlik vir Inwoners!

Nog ‘n ANC munisipale mislukking is besig om verwoesting te saai in Emfuleni op die Wesrand van Gauteng waar inwoners van laekoste-behuisingskema in Duncanville, daagliks baie uitdagings in die gesig staar soos: riool wat opstoot, aanhoudende waterlekasies wat nie herstel word nie, geboue wat inmekaar wil val omdat krake nie herstel word nie, en vullis word nie verwyder nie. (more…)
Read more
  • 0