Burgemeester van Tshwane voor treurende families weggejaag

Solly Msimanga, burgemeester van Tshwane, moes Maandag uit Soshanguve, noord van Pretoria, vergesel word nadat gemeenskapslede hom verjaag het waar vyf kinders dood is toe ʼn paneel van ʼn munisipale ligmas losgekom het. Maroela Media het vroeër berig vyf kinders, tussen ses en 12 jaar oud, is dood toe hulle by Apollo-lig, net buite die Bopapes se huis, gespeel het. Die swaar metaalring wat die hoë lig ondersteun, het losgekom en vier kinders is op slag dood. Twee kinders is na ʼn hospitaal geneem, waar een van hulle by George Mukhari-hospitaal gesterf het. Een van die kinders is nie beseer nie. Twee van die kinders was nefies uit die Bopape-familie. Msimanga wou ʼn besoek aflê aan die treurende gesinne, het sy waarnemende woordvoerder, Lindela Mashigo, gesê. Toe Msimanga en ʼn span afgevaardigdes van die munisipaliteit egter Maandagoggend by Block X-gemeenskapsaal in Soshanguve opdaag, het lede van die plaaslike sakeforum hul “ongemak” uitgespreek met sy teenwoordigheid. “…
Read more
  • 0

Pandjieswinkels floreer in Pretoria

Pretoria. Argieffoto: SA Toerisme/Flickr.com

In Pretoria, net soos in ander stede en die dorpe in die land, is pandjieswinkels besig om op te skiet.

Sommige van dié winkeleienaars sê namate die swak ekonomie verbruikers meer begin druk, word daar van onnodige artikels ontslae geraak, in ʼn poging om ʼn begroting te laat klop.

Pretoria het ʼn magdom pandjieswinkels. Die Moot, Silverton, Sunnyside … dit is waar jy hulle gaan raakloop. En eienaars sê dat verkopers van heinde en ver kom … van gegoede woonbuurte tot minder gegoede buurte.

“Hier maak dit nie saak wie of vanwaar jy is nie. Dit gaan om oorlewing,” voer een winkeleienaar aan. Hy verwys na die feit dat mense goed waaraan hulle jare lank verknog geraak het, skielik moet verkoop. “Dit is swaar vir mense om van hul goed afskeid te neem.”

Roelf Groenewald, eienaar van Die Skatkis in Van der Hoffstraat in Pretoria, sê daar is ʼn neiging onder mense om meer …

Read more
  • 0