[Video] Volledige registrasie amptelik aan Akademia toegeken
Akademia het pas bekendgemaak dat dié Afrikaanse gemeenskapsuniversiteit nou volledig as hoëronderwysinstansie deur die departement van hoër onderwys en opleiding (DHET) geregistreer is.
Die instansie het op 30 Mei die goeie nuus van die DHET ontvang dat dit nou volledig geregistreer is ná ʼn omvattende gehaltebeheerproses wat ses jaar lank geduur het. Akademia het in dié tydperk alle voorwaardes van die departement nagekom en aan alle vereistes voldoen.
By Akademia se oprigting het die DHET voorwaardelike registrasie as hoëronderwysinstansie aan Akademia toegeken. Dr. Paul Steyn, Akademia se provoos, verduidelik dat voorwaardelike registrasie bloot beteken het dat Akademia eers aan die DHET moes bewys lewer dat die instansie volhoubare programme van hoë akademiese gehalte kan aanbied. Ten minste een kohort van stud…