Het Ramaphosa #FreeZuma Onderskat? Suid Afrika Brand! Grootste Raffinadery, Suikermeule, Winkels, Hoofpaaie en Openbare Vervoer Sluit Weens Onluste!

Die #FreeZuma onluste maak wêreldwye nuus, met Fox News wat berig oor die onluste en plundery as dieselfde as “wat ons gesien het in Amerika,” met verwysing na BLM se landswye onluste en plundering laas jaar aangehits deur die Demokrate. Ramaphosa kon seker nie die geleentheid om die leier van sy politieke opposisie in hegtenis te neem, van die hand wys nie, maar het hy ‘n groter bomb aangesteek as wat self hy gedink het, want dit blyk dat die ANC regime glad nie daarvoor voorbereid was nie! (more…)
Read more
  • 0

Ramaphosa Ontplooi Weermag na KZN en Gauteng om Pro Zuma Proteste, Geweld, Plundering en Politieke Opposisie te Stuit!

Ramaphosa en sy ANC faksie het misluk om die pro Zuma faksie proteste te marginaliseer, en moes die Suid-Afrikaanse weermag se magte in twee provinsies ontplooi, ná wydverspreide pro Zuma geweld en plundering wat onder ander paaie versper het, ‘n winkelsentrum aan die brand gesteek het, met verskeie dood en meer as 200 inhegtenisnemings na die gevangenskap van die leier van Ramaphosa se politieke opposisie, oud President Jacob Zuma. (more…)
Read more
  • 0

Zuma en Ramaphosa Skandale Bewys Politisering van die Openbare Beskermer en Konstitusionele Hof!

Dit is welbekend dat baie presidente President geword het om weg te kruip van agtervolging van korrupsie of ander skandale, en dit is nêrens waarder as wanneer jy eers president van SA geword het, dat jy kwytskelding van alle misdade sal kry. Met stories wat alewig verander, “sukkel” die arme OB en Konstitusionele Hof om Zuma se korrupsie te kan straf, en nou wil dit voorkom of Ramaphosa se leuens, of te wel “verandering van stories” ook onder die mat gevee word, omdat na hul mening, die area van ondersoek glo buite die veld van die OB val. (more…)
Read more
  • 0

NVG en Valke te Sleg om hul ANC Makkers te Vervolg, Kruip weg Agter Heksejag vir Dekades oue “Misdade” van Apartheidsera!

Die land val uit mekaar uit en word oorheers deur bendes, kriminele, bedreigers en korrupte ANC kaders, wat Miljarde belastingbetalers geld in hul sak steek, en die NVG en Valke het heeltemal misluk, om enige verskil in die tsunami van misdaad te maak. Inderdaad, nie eens 56 moorde per dag in gruweldade soos plaasmoorde, verkragtings, kapings, huisbesettings, marteling, transito rooftogte waar bombe en masjien gewere gebruik word, ensovoorts, kan hul aanspoor om wet en orde toe te pas nie. Die NVG en Valke wil liewer lyf wegsteek en die ou apartheids donkie looi, om die aap agter die bos te gaan haal, om drie dekade oue “misdade” te gaan soek van die apartheids era. Hulle vergeet dat onder apartheid was die ANC verban, vir goeie rede, want ons sien elke dag die hel wat ANC se sosialisme meegebring het. ‘n Kommunis se misdaad is ‘n ander se veiligheid, en dit is die NVG en Valke se verskoning om nie hul eie makkers te agtervolg nie. (more…)
Read more
  • 0

Leon Coetzee, wat Homself Verdedig het Teen Besete Swart Aanvaller, Moes Hooggeregshof toe Gaan vir Borgtog!

Dit word elke dag, oor en oor bewys dat meeste van “our people,” wat as landdroste sit, uiters onbevoeg en bevooroordeeld is teen blankes. Ons het dit gesien in die #Dirkiesdorp saak waar Werner Potgieter en Cornelius Greyling so pas borg geweier is, al was hulle nie eens op die toneel waar ‘n skaapdief dood is nie. Leon Coetzee (55) is ook borg geweier in die Pretoria Noord landdroshof, nadat hy vir homself en sy vrou verdedig het en vir Themba Thabethe voor sy huis in ‘n kompleks met ‘n mes gesteek het. (more…)
Read more
  • 0

ANC Regime Vervreem Homself van Wetsgehoorsame Burgers deur Nasionale “Demokratiese” Rewolusie (NDR) bo Grondwet te Plaas – Ad Hoc Groep

Die Ad Hoc Groep vir die Beskerming van Eiendomsregte het ‘n verklaring uitgereik na afloop van ʼn byeenkoms van verskeie organisasies en groepe op 23 Junie 2021 te Pretoria, waarin die voorgestelde wysigings aan die Vuurwapenbeheerwet, wat in die Staatskoerant vir kommentaar gepubliseer is, bespreek was. Volgens die Ad Hoc groep word Vuurwapenbeheer Konsepwetgewing gesien as nog ʼn aanslag op eiendomsreg. (more…)
Read more
  • 0

Gedwing tot “Dubbele Belasting” – Supreme Poultry Betaal R100,000 uit eie sak om Hartbeespoort se Onversorgde Waterpype te Herstel!

‘n Onderneming van Hartbeesfontein, Supreme Poultry, het uit desperaatheid self R100,000 betaal om waterpype te koop, om stukkende munisipale waterpype te herstel, nadat die gebied vir amper ‘n week sonder water was. Supreme Poultry moes ook teen astronomiese koste self nuwe water reservoirs op hulle eie perseel oprig, vir wanneer daar weer nie water is nie. (more…)
Read more
  • 0