Osteoporose: Die stil siekte in jou skelet

Argieffoto

Tussen 4 en 6 miljoen Suid-Afrikaners ly aan osteoporose. Tog weet min osteoporoselyers dat hulle die siektetoestand het tot dit amper al te laat is. Jy kán egter osteoporose voorkom.

Osteoporose is ʼn siektetoestand wat die digtheid en kwaliteit van die bene in die skelet verlaag. Die gevolg is ʼn verswakte skelet en ʼn verhoogde risiko vir beenbreuke. Dis veral die bene in die rugstring, gewrigte, heupe, pelvis en bo-arms wat maklik breek as gevolg van osteoporose. Sulke osteoporose-komplikasies kan geweldige pyn en, in uiterste gevalle, selfs die dood veroorsaak.

Die grootste uitdaging van osteoporose is dat ʼn lyer gewoonlik nie weet dat sy die siektetoestand het voor dit reeds te laat is nie: die eerste sigbare “simptoom” is gewoonlik ʼn beenbreuk. By bejaarde dames, veral, sien ʼn mens soms ʼn geleidelike afname in lengte as gevolg van die rug wat stadig maar seker krom trek – ʼn gevolg van vertebrale kompressiefrakture. …

Read more
  • 0