Die Naka Bulle se sege Saterdag, wat Suid-Afrika se beste oop klub, Rustenburg Impala, uit die wedloop om die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) se Carltonliga geweer het, het heimlik talle rugbylui in die bond ʼn groot sug van verligting laat slaak.
Daar word gefluister dat dit ʼn groot “probleem” uit die weg geruim het, omdat baie tradisionaliste steeds swaar daaraan sluk dat ʼn klub van buite – Impala is ʼn Luiperdsklub – die gekoesterde Carltonbeker kan wen.
Naka het ná ʼn verbete terugvegpoging met 29-20 gewen, nadat Impala rustyd gerieflik met 20-10 voor was. Die halfeindstryde word Saterdag 22 Julie op Loftus Versfeld-B tussen Tukkies en Centurion (15:00) en Naka en Quins-Bobbies-rugby (17:00) uitgespook.
Buks Burger, Naka se klubbestuurder, sê die manne van die Moot was terdeë bewus daarvan dat hulle, om die halfeindronde te haal, Saterdag met ʼn bonuspunt moes wen, en terselfdertyd moes voorkom dat Impala een kry.
“Dit is presies wat hulle op sk…