Konstitusionele Hof Verklaar UNISA Taalbeleid Ongrondwetlik na 5 Jaar Lange Hofsaak!

Dit is tragies dat die howe die ware diversiteit van Suid-Afrika, met 'n dosyn tale, van die ANC regime moet beskerm, maar dit bly egter onverkwiklik dat die regering diversiteit predik maar eentaligheid toepas. Aan die vooraand van Erfenisdag is die uitspraak dus gepas deurdat dit die taalregte van studente erken en ʼn bepaalde verpligting ten opsigte van uitvoering aan Unisa opgelê het. Dit is ewe onverkwiklik dat taal- en kultuurgemeenskappe hulle in die finale instansie na die howe moet wend om hulle regte op te eis aangesien diverse tale met spesifieke verwysing na Afrikaans, grootliks uitgerangeer word, veral by histories Afrikaanse universiteite.   Die Afrikanerbond het 'n verklaring uitgereik om hul vreugde uit te spreek na die Konstitusionele Hof se uitspraak, dat Unisa se taalbeleid ongrondwetlik en onregmatig is. Hulle het die geleentheid gebruik om AfriForum geluk te wens met die saak teen Unisa en hulle deursettingsvermoë om die saak na 5 jaar afgehandel …
Read more
  • 0

Jesse Duarte Verteenwoordig Onwerkbare, Verouderde en Onrealistiese ANC Faksie-Denke

Die Ad Hoc Groep vir die Beskerming van Eiendomsregte het kennis geneem van Jesse Duarte, ANC Sekretaris-Generaal, se uitlatings oor Onteiening sonder Vergoeding tydens ʼn media konferensie Maandag. Tydens die onderhoud het sy op die ideologiese snaar voortborduur dat Onteiening sonder Vergoeding (OSV) die kern is van ekonomiese ontwikkeling. Die standpunt druis  lynreg in teen die  Instituut vir Rasseverhoudinge wat dit duidelik stel dat onteiening “die eiendomsregte van alle Suid-Afrikaners bedreig: van die 9,5 miljoen mense met huiseienaarskap tot die nagenoeg 18 miljoen met tradisionelereg  eiendomme (Customary law plots) , en die geraamde 17 miljoen wat lede van pensioenfondse is. Dit sal ook alle besigheidseienaars, groot en klein, benadeel. Terselfdertyd sal die ekonomiese gevolge van die Wetsontwerp die 11 miljoen individue wat tans werkloos is, verder benadeel deur investering te verminder, groei te beperk en die herstel na die inperking belemmer.”   Hoe …
Read more
  • 0

Gedekoloniseerde Zimbabwe Smeek Buurlande vir Meer Elektrisiteit om Daaglikse 12 uur Onderbrekings te Stop!

Net soos in Suid Afrika en elders op die vasteland, waar die eenvoudige instandhouding en beheer van 'n volle funksionele infrastruktuur 'n uitdaging vir Afrika regimes blyk te wees, is Zimbabwe, wat eens die kragbron vir Suider Afrika was, gedwing om sy bure te vra om nuwe kragstasies te bou om krag aan Zimbabwe te verskaf, waar dit wil voorkom asof hulle nie eens meer hul eie kragstasies kan opstel nie. (more…)
Read more
  • 0

SA se Adjunkhoofregter, Raymond Zondo, Beweer hy het ‘n Fout Gemaak en Versoek WEER ‘n Uitstel vir die Ondersoek na Staatskaping!

Al het Tito Mboweni belowe dat daar nie meer geld is om die Staatsondersoekskommissie te finansier nie, het die Zondo kommissie steeds 'n vyfde uitstel versoek. Nie dat enigiemand verbaas is nie dat die staatsondersoek 'n verdere verlenging soek nie, hierdie keer tot Desember (na die verkiesings), maar dat die land se Adjunkhoofregter so 'n groot misrekening herhaaldelik kan maak, is 'n groot kommernis, of is dit net dat hulle bloot nie genoeg geld verdien het nie en Kersfees presente wil koop? Dalk is dit tyd dat hy aftree? (more…)
Read more
  • 0

Sommige ANC Jeug Liga van PR Partylyste Uitgelos – Ontstel Hulle Gaan hul Kans op Korrupsie Fees Mis en nie Miljoenêrs Word nie?

Daar is probleme in die ANC soustrein paradys nadat ANC jeugliga strukture woedend protesteer het oor hul uitsluiting van die lys van die PR raadslede. Interne verwoesting woed onder die heersende ANC nadat twee jeugliga streke, in die Vrystaat en Limpopo, hul woede uitgespreek het oor die uitsluiting van die jeug kandidate se name in die kandidatelys vir die komende plaaslike verkiesings. Gegewe die systemise korrupsie in munisipaliteite, is hulle seker kwaad hulle sal nie kans kry om belastingbetalers se geld te steel nie en nie miljoenêrs kan word nie. (more…)
Read more
  • 0

Suid Afrikaners val nie vir Ramaphosa se Gladdebek nie – 82% sê Korrupsie Dieselfde of Erger Onder Cyril!

Twee derdes van Suid Afrikaners glo dat korrupsie die afgelope jaar toegeneem het, en helfte (49%) glo dat dit "baie toegeneem het." Verder blyk dit uit 'n opname dat mense nie net dink dat korrupsie erger geword het nie onder Ramaphosa, maar herken ook 'n groot deel van die verkose amptenare en staatsamptenare, wat kamma korrupsie sou beveg, betrokke in korrupte aktiwiteite is. (more…)
Read more
  • 0

China Toets Sinovac Entstof op SA Kinders – Offer Moontlike SinoVac Verpakkings Fasiliteit in SA as Lokaas!

Al is die Chinese CoronaVac entstof nie volledig in Suid Afrika goedgekeur of gebruik nie, word SA ingesluit met ander derde wêreld lande in die Fase III-proewe van Sinovac se entstof teen koronavirus siekte (Covid-19) by kinders en adolessente. Die bekendstelling van die Suid-Afrikaanse been is onlangs gehou in Pretoria, Suid-Afrika, waar ongeveer 2,000 kinders en adolessente van ses maande tot 17 jaar ingeskryf sal wees, om die veiligheid en doeltreffendheid van die CoronaVac entstof te toets, al wys resultate van proewe sover slegs 50% effektiwiteit. Die proewe sal wêreldwyd 14,000 kinders in Chili, die Filippyne, Maleisië, Kenia en Suid Afrika toets. (more…)
Read more
  • 0

Het Tabakreus BAT vir Mugabe tot $500,000 Gegee om Vrylating van hul Private Spioene te Kry? – Gelekte Dokumente

Volgens dokumente wat die BBC program 'Panorama' gesien het, was British American Tobacco (BAT) se private spioene gevang in Zimbabwe in 2012, na hulle betrap is toe hulle op Savanna Tobacco se fabriek spioeneer het. Na gesprekke met hooggeplaaste Zanu PF lede, oor 'n donasie van tot halwe Miljoen dollar, was die 3 spioene losgelaat. BAT is die vervaardiger van Lucky Strike sigarette en is een van die grootste ondernemings in die Verenigde Koninkryk, waar die multinasionale tabak monopolie sy hoofkwartier in London het. (more…)
Read more
  • 0

SA Howe nie Meer Sekuur nie! Hoe Lank Voor SA Balkaniseer en as ‘n Humanitêre Ramp Verklaar Word?

Dit is al duidelik dat SA se wetstoepassers, die polisie, nie geskik vir hul doel is nie, maar nou val die ANC howe self uitmekaar uit. Kuberkrakers het die howe in Suid-Afrika se netwerkstelsels binnegedring en dit lam gele, wat vrese laat ontstaan dat mense en besighede wat transaksies met die howe doen, se bankbesonderhede in die gedrang gekom het, en dalk openbaar word. Daar is ook wydverspreide onderbrekings van baie van die regering se webwerwe na ondergrondse internetkabels Vrydagoggend beskadig is. Terselfdertyd is die Potgietersrus-landdroshof en speurtak al vier dae sonder krag, na die Mogalakwena-plaaslike munisipaliteit die krag gesny het weens wanbetaling. (more…)
Read more
  • 0