EFF Beledig Vakbonde en hou Onwettige Betoging by Ouetehuis in Pretoria, want Alles is mos glo “Rassisme”…

Die EFF se sogenaamde arbeiderslessenaar in Pretoria het Woensdagoggend ‘n onwettige betoging gehou by die ouetehuis Huis Herfsblaar, maar hulle is onder beheer gehou deur Polisie en die Bittereinders group wat gevra is om te help. Daar is glo meningsverskil oor lone en die sosialistiese EFF het blykbaar hulself nou as vakbond en regter aangestel? (more…)
Read more
  • 0

SAPD het Misluk om Gemeenskappe en Besighede te Beveilig in Onlangse ANC Onluste en Moet dus die Wapenwetsontwerp Terug Trek!

Dit is enige regering se primêre taak om wet en orde te handhaaf en stabiliteit te verseker, maar die ANC regering, ondersteun deur die Suid-Afrikaanse Polisie en weermag, het oor die laaste weke in hierdie verantwoordelikheid geheel en al misluk. Regoor die land moes mense hulself, hul families, hul eiendom, en gemeenskappe verdedig en terselfdertyd beveilig, in ʼn tyd van grootskaalse onluste en anargie. Gelukkig is daar nog burghers met wapens wat die taak kan verrig in die afwesigheid van die SAPD en SANW. En wat nog erger was, is dat die arme inwoners deur die einste SAPD vermaan is omdat hul optredes glo onwettig was! (more…)
Read more
  • 0

Gauteng SAPD kon nie Onlangse ANC Onluste Ordentlik Bekamp nie Omdat Helfte van hul Blitspatrollie Voertuie nie Werk nie!

Meer as helfte van die 231 blitspatrollie voertuie in Gauteng staan stukkend ​​by polisiemotorhuise en privaat werkswinkels regoor die provinsie, sonder dat daar duidelikheid is oor wanneer hulle weer op pad sal wees. In totaal is 124 van die 231 blitspatrollie voertuie in die provinsie van die pad af volgens die Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, meeste van hulle vir langer as 3 maande. (more…)
Read more
  • 0

Stadige Reaksie en Swak Hantering van Onluste wat tog Verwag was, ‘n Reuse Terugslag vir Reeds Swak Beleggersvertroue

Nie dat dit ‘n verbasing was vir mense wat die ANC se onbevoegtheid ken nie, maar die swak beplanning, al was daar waarskuwings dat onluste sou uitbreek, en die onbeholpe hantering van die onluste-situasie deur die ANC-regering en sy wetstoepassingsagentskappe, in KwaZulu-Natal en Gauteng laas week, het die reeds sukkelende beleggersvertroue in Suid-Afrika ‘n ernstige knou toegedien. (more…)
Read more
  • 0

Geplunderde Goedere word Vernietig omdat “Our People” ​​nie Basiese Ekonomie Verstaan nie – Minister Ntshavheni

Net wanneer ons dink ons het dit als gehoor, kom ‘n waarnemende Minister wat sy eie mense beledig wyl hy self waansinnig optree. Waarnemende minister in die presidensie (wat dit ookal beteken), Khumbudzo Ntshavheni, het die besluit verdedig om goedere te vernietig wat teruggevind is na die plundertogte verlede week in Gauteng en KwaZulu-Natal. (more…)
Read more
  • 0

ANC Regering se Staatsentiteit Biovac-instituut Hoop om in 2022 met BioNTech en Pfizer 100 Miljoen Covid-entstowwe per Jaar te Produseer

Pfizer, BioNTech en die ANC-regering se parastataal, Biovac-instituut het aangekondig dat hulle ‘n ooreenkoms aangegaan het om volgende jaar die mRNA Covid-entstof in die land te produseer, wat tot 100 miljoen dosisse per jaar “vir Afrika” kan vervaardig. Natuurlik sal dit eers ANC plundering, kaderontplooiing en BSEB kanker moet oorleef. (more…)
Read more
  • 0