Onderwysdepartement sê oor Meyerspark se beheerliggaam

Foto: Pinterest.com

Die Gautengse onderwysdepartement sê hulle het besluit om die omstrede beheerliggaam van Laerskool Meyerspark van alle magte te stroop en ʼn bestuursadministrateur oor die skool aan te stel.

Maroela Media het vroeër die week berig dat ouers steeds verskeie klagtes het oor die wyse waarop die beheerliggaam die finansies van dié skool in die ooste van Pretoria bestuur.

Marius Botha, ʼn onafhanklike onderwyskonsultant wat die ouers van die skool bygestaan het met advies, het aan Maroela Media gesê die distrikskantoor het ʼn aanbeveling aan hul hoofkantoor gestuur waarin hulle voorgestel het die beheerliggaam moet van alle magte gestroop of ontbind word.

Steve Mabona, woordvoerder van die departement, het bevestig die departement het besluit om nie die beheerliggaam te ontbind nie, maar eerder van hul funksies te onthef. “Ons sal ook beweerde onreëlmatighede opvolg en ondersoek. Verder is daar ʼn proses van stap…

Read more
  • 0

Dubbele standaarde: Die verhaal van drie ‘rassevoorvalle’

Lede van die burgerregte-organisasie AfriForum het Woensdag buite die Pretoria-Noordse landdroshof teen die dubbele standaarde betoog waarmee rasvoorvalle in Suid-Afrika hanteer word. Foto: Verskaf.

Daar het onlangs in een week drie voorvalle in een gebied plaasgevind waar motoriste van verskillende rasse deurgeloop het. Die feit dat net die een voorval waar wit mense oortree het aan die groot klok gehang is, getuig van dubbele standaarde rakende ras in Suid-Afrika, skryf Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum.

 Die Montana-omgewing aan die noorde van Pretoria het die afgelope dekade geweldige uitbreiding ondergaan. Die gebied is veral gewild vir sy warmer klimaat as die res van Pretoria.

Aan die begin van Augustus vanjaar – 3 Augustus om presies te wees – het die Montana-omgewing se bekendheid om die verkeerde rede verder gegroei. Op dié dag het daar ’n onderonsie by die plaaslike KFC se deurrylaan ontstaan. Die insittendes…

Read more
  • 0

[Luister] Só onthou Frik du Preez vir Colin Meads

Colin Meads

Hennie Koortzen en Wynie Strydom lei die gesprek oor die Rugbykampioenskap en Curriebekertoernooi. Die legende, Frik du Preez, sluit by hulle aan om oor Colin Meads, die Nieu-Seelandse rugbyspeler, se loopbaan en afsterwe te gesels.

Luister elke Donderdag om 19:05 na Rugby-Radio op Pretoria FM. Besoek ook Maroela Media se rugbyportaal, Pale Toe!, vir die jongste sportnuus.

Read more
  • 0

Baie op spel vir al ses in Curriebekerstryde

Vrydag en Saterdag se Curriebeker-weekronde beloof om een van die strafste tot dusver in vanjaar se reeks te wees, gesien hoeveel vir die onderskeie spanne op die spel is.

Die kragmeting tussen die Westelike Provinsie en die Sharks Saterdag op Nuweland, Kaapstad, lok die meeste belangstelling uit.

Die Sharks is die gunsteling. Sy enigste nederlaag sover was teen die verdedigende kampioen en huidige voorloper, die Cheetahs, en dit was voor hy sy Superrugbyspelers ingespan het.

Albei spanne volg ʼn konserwatiewe kiesbeleid en die spelers verstaan mekaar goed. Al word ʼn taai stryd verwag, kan die botsing heel aanskoulike rugby oplewer.

Die Cheetahs is noodwendig die gunsteling om Saterdag in Bloemfontein die Goue Leeus te klop, maar het byna sy hele opdrafspan uitgegooi wat die Blou Bulle getroef het.

Die Leeus is ʼn veel beter span as wat sy laaste plek op die punteleer aandui, en as die span sy ingesteldheid regkry, kan hy vir die grootste …

Read more
  • 0

Tel jou woorde: Oor beddens en Boervrouens

Argieffoto (Foto: RitaE, Pixabay)

Gisteraand laat is daar ‘n harde slag in my huis. Konsternasie. Ek skrik vir my nugter wakker al is dit ná 12 en sien visioene van figure in klapmusse wat my mikrogolf by die kombuisvenster uittel en my varkore, wat ek met emmers badwater deur die droogte tot by blom gepamperlang het, plattrap. Ek is sommer kwaad nog voor ek weet wat ek gehoor het.

Die honde is ewe ontsteld en gaan onbedaarlik aan die kef, en ek hoor uit die kamer langsaan die gedempte gevloek van ‘n universiteitstudent wat uit sy REM-slaap (dis nou in teenstelling met dooievisoogslaap wat hulle in die klasse pleeg terwyl die dosent praat) geruk word.

Ek besef die slag was in sy kamer. Het die hoop vuil wasgoed, waaroor ek al twee weke preek, omgetuimel en hom toegeval? Of het die miere die argeologiese broodkorsies  ontdek en vir hulle ‘n pad deur die muur tot in die kamer ingevreet?

Die student neem stel…

Read more
  • 0

AfriForum betoog by Pretoria hofverrigtinge teen dubbele standaarde oor rasvoorvalle

Lede van die burgerregte-organisasie AfriForum het vanoggend buite die Pretoria-Noordse landdroshof teen die dubbele standaarde betoog waarmee rasvoorvalle in Suid-Afrika hanteer word. Dié dubbele standaarde behels volgens AfriForum dat wit-op-swart-aanvalle deurlopend aan die groot klok gehang word, terwyl swart-op-wit-aanvalle grootliks geïgnoreer word. Die betoging val saam met die verskyning van twee verdagtes wat Carel Kruger aan die begin van Augustus vanjaar in die Montana-omgewing gewelddadig met ’n baksteen aangeval het. Dié aanval het enkele dae ná die KFC-voorval – óók in die Montana-omgewing – plaasgevind. Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het sowel die aanval op Kruger as ’n ander geval in die Montana-omgewing toe die ongewapende Carine van Staden in ’n padwoedevoorval geskiet is geensins dieselfde openbare aandag en veroordeling as die KFC-voorval ontvang nie. “Ongelukkig bestaan daar dubbele standaarde rakende die hantering van voorvalle…
Read more
  • 0

Kleurryke veldtog om stigma te verwyder

Foto verskaf

[promosie-artikel]

Hoe pak jy ʼn staptog aan van Pretoria na Kaapstad? Die antwoord is heel eenvoudig: “Een tree op ʼn slag.” En die volgende vraag is: “Hoekom sal jy van Pretoria na Kaapstad stap as daar ander opsies is?”

Crazy for Walking is ʼn inisiatief wat van stapel gestuur word om die stigma rakende geestesgesondheid in fokus te plaas. Dus, Crazy for Walking-stappers spring op 1 September weg en beoog om Kaapstad op 10 Oktober, Wêreldgeestesgesondheidsdag, te bereik.

“Die doel is om mense in te lig en op te voed oor geestestoestande, spesifiek depressie en spanningstoestande,” sê Francois Louw, HUB van Vista Kliniek in Pretoria. “Ons gaan tydens die staptog by verskeie dorpe op die roete aangaan waar ons opvoedkundige gesprekke met gemeenskappe gaan fasiliteer, veral oor die wanopvattings rakende geestestoestande. In die gesprekke wil ons mense leiding gee oor waar om hulp te kry, toerus met kennis oor hoe …

Read more
  • 0

Nuuskommentaar: ‘Business as usual’ vir president

Pres. Jacob Zuma. Argieffoto: Elmond Jiyane/GCIS

Ná pres. Jacob Zuma die jongste mosie van wantroue in die parlement oorleef het, het ’n lang rits koerantopskrifte gelui dat dit nou weer “business as usual” vir Zuma is. Tydens sy een en meer as ’n half voltooide termyne as president het dié soort opskrifte egter dikwels gedien as die “reset”-knoppie om te beskryf dat ’n terugslag niks aan Zuma se styl sou verander nie.

Dit beteken ook hy leer nie die regte dinge uit die lesse nie. Hy het verskeie kere gespog dat hy eintlik goed as president vaar, en selfs ook gesê “niemand” sê vir hom wat hy verkeerd doen nie. So asof iemand wat struktureel naby die president in die stelsel van patronaatskap ingebind is, dit kan waag om sy mond oop te maak. Dis die eerste vorm van “business as usual”.

Trouens, ds. David Kuyler van die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) skryf vandag in Netwerk24 dat die regering hom aan ’n tronkbende laat dink – …

Read more
  • 0

Bittereinders en verraaiers

NP van Wyk Louw. Foto: Af.wikipedia.org

Willie Jansen van Rensburg van Moreleta Village skryf:

In die drama Die pluimsaad waai ver van NP van Wyk-Louw kom die verwysing na die bittereinders en die verraaiers dikwels voor. President Steyn en generaal Christiaan De Wet is die helde wat bereid is om tot die bitter einde die stryd voort te sit. Daarteenoor staan generaal Piet de Wet bekend as een van die verraaiers, nadat die Engelse onder meer die hoofstede ingeneem het.

Generaals Piet de Wet en Marthinus Prinsloo het nie die sinvolheid van voortgesette militêre stryd ingesien nie. Reeds teen die einde van Junie 1900 was die hoofstede van die Boererepublieke ingeneem en was die Britte in beheer van die totale infrastruktuur en administrasies.

Terugskouend ontstaan die vraag of die volksleiers met wysheid opgetree het deur burgers te beveel om voort te veg. Indien die leiers teen Julie 1900 bes gegee het, sou die sterftesyfer v…

Read more
  • 0

AfriForum se 9-punt-plan vir Buurtwag-stigting

Lede van die AfriForum-buurtwag in Kempton Park saam met polisiebeamptes tydens ‘n aksie waar ‘n voertuig opgespoor is. Foto: Verskaf

Deur Hein Gonzales

Die Grondwet, wetgewing en regspraak gee jou as ’n wetsgehoorsame burger die reg om jouself en jou familie te beskerm binne die raamwerk van die wet. Wat beteken dit in die praktyk? Daar is heelwat onsekerheid oor die stig van buurtwagte en die status van hierdie strukture. Kragtens wetgewing en gevestigde praktyk is jy geregtig om ʼn buurtwag in jou gemeenskap te stig. Hierdie entiteit is nie onderhewig aan ander sekuriteitmaatskappye en/of gemeenskapspolisiëringsforums nie, maar moet verkieslik in samewerking met die SAPS gedoen word. Hierdie buurtwagte het die verpligting om te verseker dat hulle binne die raamwerk van die Grondwet en wetgewing optree.

Verhoudinge bou en samewerking met ander entiteite soos die SAPS, GPF en/of ander entiteite, is baie belangrik, maar…

Read more
  • 0