La Apartmente is a place where you can chill for a weekend !!

Located 201 m from MG Design Box, La Apartmente offers accommodations in Pretoria. The property is 201 m from Plaaswinkel and free private parking is available. The kitchen is equipped with an oven and a microwave. A flat-screen TV is featured. Other facilities at La Apartmente include a barbecue. University of Pretoria - Conference Centre is 0.6 km from La Apartmente, and Hatfield Plaza (Rear parking entrance) is 0.6 km away. The nearest airport is Lanseria (Johannesburg) Airport, 37 km from La Apartmente. Free private parking is available on site (reservation is not needed). Facilities available: - Free Parking - Airport Shuttle - Non-Smoking Rooms - BBQ Facilities To view more facilities at this venue, please click on the link below..... Book your room at this Hotel now! Find and Book your Cheap Flights here!
Read more
  • 0

Kompetisie wil Afrikaanse entrepreneurs met waagmoed hupstoot gee

’n Opwindende entrepreneurskompetisie, wat een van AfriVriendelik se inisiatiewe is, is vandag in Pretoria bekend gestel.

Dié kompetisie het ten doel om entrepreneurs, wat in Afrikaans sake doen, se onderneming ’n hupstoot en sommer baie blootstelling te gee.

Afrikaans-Vriendelik, ’n eenstopdiens vir alle entrepreneurs en sakeondernemings, het ook vandag ’n splinternuwe baadjie aangetrek. Dit sal in die toekoms een van vyf inisiatiewe van AfriVriendelik wees. Die ander is AfriKlets, waar AfriForum-lede mekaar kan ondersteun en eenmalige versoeke kan rig of aanbied, soos saamrygeleenthede.

Daar is ook AfriVriendelik-opleiding, die Tinteltong Toekennings en die entrepreneurskompetisie.

Volgens Sanderien van der Walt, projekkoördineerder van AfriVriendelik, bied die kompetisie ’n uitstekende geleentheid vir jong en gevestigde entrepreneurs om hul ondernemings uit te bou.

Inskrywings open vandag (20 Julie) en sluit op 30 September. Groo…

Read more
  • 0

Dís hoekom jy besigheid in inheemse tale moet doen

Deur: Annelise de Vries en Jhua-nine Wyrley-Birch

Anton Rupert, die legendariese Afrikaanse sakeman en entrepreneur, het gesê die persoon wat nie droom nie, is nie ʼn realis nie.

Die pad na suksesvolle entrepreneurskap is ʼn moeilike een, maar Suid-Afrika is immers ʼn land van mense met planne. Die grootste denkfout wat Suid-Afrikaners egter maak, is om bang te wees om te sê hulle wil ryk word, meen die ekonoom Mike Schüssler.

“Alles is moontlik as ’n mens kreatief en groot dink. Wie uithou en aanhou, kan sukses behaal.”

Suid-Afrika het entrepreneurs nodig soos nog nooit tevore nie en hoewel kenners meen dat die verband tussen taal en ekonomiese vooruitgang kompleks is, stem akademici saam dat taalgemeenskappe wat in hul eie tale investeer, ʼn daadwerklike bydrae maak in die ekonomiese waarde wat aan die spesifieke taal geheg word.

Linguiste argumenteer dat taal die grondslag vir ekonomiese vooruitgang lê en dat daar spesifieke industrieë …

Read more
  • 0

Protesting Pretoria West residents clash with cops – still unclear what the protest was about

Pretoria – Close to a thousand protesting residents of Gomora informal settlement in Pretoria West have battled with police since the early hours of July 13, 2017 on Thursday morning. Police fired hails of rubber bullets, dozens of tear gas canisters, and stun grenades in a bid to keep the hostile protesters at bay. Protesters returned fire with slingshots and threw stones at police Nyalas and members of the Public Order Policing on the ground. They also chased after journalists, pelting them with stones. It was still unclear what the protest was about, but they called for Co-operative Governance and Traditional Affairs MEC Paul Mashatile to address their issues. "We are going to kill you guys," a protester shouted. Several roads were blocked with burning tyres and stones. A police contact said that more than 1 000 protesters had caused "complete chaos" since the early hours of Thursday morning. 'We are fed up' Residents from Gomora have demanded that Mash…
Read more
  • 0

Afrikaans-Vriendelik gee ondernemings hupstoot met entrepreneurskompetisie

Afrikaans-Vriendelik, wat ten doel het om Afrikaans in die sakewêreld te bevorder, trek binnekort ʼn nuwe baadjie aan.

Vanaf 20 Julie 2017 sal Afrikaans-Vriendelik een van vyf inisiatiewe van AfriVriendelik wees, ʼn eenstopdiens vir alle entrepreneurs en sakeondernemings. Ander inisiatiewe sluit onder meer ʼn aanlynkletskamer vir AfriForum-lede en entrepreneurs, bemarkingsopleiding, die jaarlikse Tinteltong toekennings asook ʼn entrepreneurskompetisie in.

Afrikaans-Vriendelik is in 2016 deur AfriForum bekendgestel en bied erkenning en gratis bemarking aan Afrikaanse ondernemings en diensverskaffers. Volgens Sanderien van der Walt, projekkoördineerder van Afrikaans-Vriendelik, was ʼn entrepreneurskompetisie die volgende logiese stap vir die uitbou van dié veldtog.

“Hierdie kompetisie is vir enige entrepreneur wat trots is op sy of haar onderneming en dit verder wil uitbou. Ons wil jong én ervare entrepreneurs aanmoedig om deel te neem vir die verskeie bloo…

Read more
  • 0

Dennis Haynes, vermis sedert 1986, word moontlik na 31 jaar opgespoor in Pretoria-Noord

ʼn Man van Bloemfontein wat in Februarie 1986 spoorloos verdwyn het, is moontlik ná 31 jaar in Pretoria opgespoor. Dennis Haynes was 22 jaar oud toe hy van Bloemfontein na Roodepoort vertrek het vir ʼn werksgeleentheid. Sy vrou en eenjarige dogtertjie het in Bloemfontein agtergebly. Dennis het egter nooit teruggekeer nie en sy familie kon hom nie in die hande kry nie. Hy is as vermis by die polisie aangemeld, maar ʼn soektog na hom het niks opgelewer nie. Desireé Haynes, Dennis se suster, was baie jonk toe haar broer vermis geraak het. Sy het Vrydag aan Maroela Media gesê dat die familie mettertyd aanvaar het dat hy waarskynlik dood is. “ʼn Vriendin van my het ses weke terug besluit om bietjie te begin krap. Ons het nie gedink ons sal hom lewend opspoor nie, maar ons wou graag weet watndestyds met hom gebeur het,” het Desireé gesê. Desireé se vriendin het ʼn Facebook-blad begin waarop sy ʼn foto van hom geplaas het en gevra het dat enigiemand wat hom moontlik gesien het …
Read more
  • 0

Pretoria-dieretuin oopgehou deur handjie vol nie-stakende werkers

Die Nasionale Dieretuin in Pretoria sal oop bly ondanks ’n staking van 120 dieretuinwerkers wat lede van die National Trade Union Congress (NTUC) is. Dit is sowat ’n derde van die werkers. Die res van die werknemers hou die dieretuin aan die gang. Craig Allenby, woordvoerder van die dieretuin, sê die dieretuin sal soos gewoonlik oop wees vir besoekers en “daarom is daar geen dringende behoefte aan vrywilligers nie”. Sondagoggend het lede van die SAPD by die dieretuin opgedaag om stakende werknemers wat die ingang versper het, uiteen te dryf. “Hulle het nie toestemming gehad ingevolge wetgewing om hier te wees nie,” sê Allenby. Die werkers het begin staak nadat geskille oor oortydbetaling nie opgelos kon word nie. Die 120 NTUC-lede het verlede week ’n kennisgewing van voorneme om te staak van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie aan die bestuur oorhandig. NTUC dring daarop aan dat werkers oortyd betaal word op ’n Saterdag en Sondag. ’n …
Read more
  • 0

Betonlamppale kom op in Pretoria om diewe te fnuik

Kabeldiewe wat derduisende rande se skade in die stad aangerig het deur lamppale af te saag, die kabels uit te trek en dit dan te verkoop se inkomste gaan drasties afneem. Dit nadat die Tshwane-metro besluit het om die lamppale, wat aanhoudend in Es’kia Mphahlelerylaan (voorheen DF Malan-rylaan) afgesaag word, met betonpale te vervang. Volgens Elmarie Linde, raadslid van wyk 54, het die munisipaliteit tot die besef gekom dat dit nie gaan help om elke keer weer gewone lamppale in te sit nie omdat kabeldiewe eenvoudig net weer sal toeslaan. “Hulle het in Atteridgeville begin met die betonpale en toe gesien hoe uitstekend dit daar werk. Dit is ’n langtermynoplossing wat ook goedkoper uitwerk as die gewone pale,” sê Linde. Volgens haar het dit sowat R9 500 gekos om ’n gewone lamppaal te vervang as alles ingereken word. “Die betonpale kos egter tussen R7 000 en R8 000 per paal en spaar ons op die duur baie.” Sy verduidelik verder dat die betonpale sowat 2 m diep in…
Read more
  • 0

Centurion-lisensiekantoor gesluit ná rooftog

Die lisensiekantore in Centurion is Woensdag gesluit ná ʼn rooftog Dinsdagaand. Daar is verskeie rekenaars en kameras tydens die aanval gebuit. Die Tshwane-metropolisie het in ʼn verklaring gesê die kantore is gesluit om die SAPDmtoe te laat om hul ondersoek ongehinderd uit te voer. Volgens die metropolisie en die munisipaliteit sal die kantore Donderdag weer oopwees, maar sal daar slegs beperkte dienste aangebied word. ’n Voorlopige ondersoek dui daarop dat rekenaars, eNaTIS-skerms en ander rekenaartoerusting gesteel is. Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het gesê die dienste wat Donderdag beskikbaar sal wees, sluit leerlinglisensies, praktiese toeste vir bestuurslisensies en die afhaal van nuwe lisensiekaarte in. “Daar sal tot verdere kennisgewing geen lisensiehernuwingsversoeke verwerk word nie. Mense kan in die tussentyd Akasia en Bronkhorstspruit se lisensiekantore besoek vir dié diens,” het Mahamba gesê.
Read more
  • 0

Nuwe boek werp lig op SA se ryk monumente-erfenis

Die bewaring en beskerming van monumente in Suid-Afrika is ’n kwessie wat die burgerregte-organisasie AfriForum na aan die hart lê.

In dié boek is dit duidelik dat Grobler geen moeite ontsien het om by bekende en minder bekende monumente uit te kom nie. Dit vertel van groot geskiedkundige gebeurtenisse en keerpunte in die land se geskiedenis.

Grobler het onder meer gereis op die spoor van die Voortrekker Carel Trichardt deur Mpumalanga en in KwaZulu-Natal het hy die slagvelde van die Anglo-Zoeloeoorlog besoek. In die Vrystaat maak hy ’n draai by die oorblyfsels van twee konsentrasiekampe en in Limpopo kom hy op die Long Tom-oorlogskanon af. Hy werp ook meer lig op monumente wat opgerig is vir mense soos Nelson Mandela, Jan Smuts, Steve Biko en die Portugese ontdekkingsreisigers.

Die boek bevat ook kaarte van elke provinsie in die land en watter monumente waar te vind is.

Hierdie is sonder twyfel ’n boek wat byval sal vind by reisge…

Read more
  • 0