Uiteindelik word die skokkende verhaal van die moord op Donovan Visagie (21) van Krugersdorp vertel. Die jong Donovan, op die drumpel van sy lewe, is op Oujaarsaand in koue bloed en gevoelloos doodgeskiet deur ‘n gewapende swart bende, net toe hy by ‘n paar vriende opdaag het om vuurwerke te gaan kyk. Die voorval het in Krugersdorp gebeur. Terwyl SAUK Nuus destyds oor hierdie voorval berig het, is dit nie in enige ander media gedek nie, tot nou, toe die plaaslike koerant die storie vertel het.

Die klein gemeenskapskoerant, Krugersdorp Times, het pas die verhaal vertel en ‘n onderhoud met Donovan se suster uitgevoer, waarin sy vertel wie hy was en hoe harteloos en stilswyend hy vermoor is. Sy suster, Yvette Roux, het aan die Krugersdorp Times gesê dat Donovan pas by die groep vriende opgedaag het, toe hy sien dat ‘n groep swart mans met wapens besig was om hulle te beroof en hul voertuig te deursoek. Die bende swart mans het toe na Donovan gehardloop, waar hy in sy voertuig gesit het, en hulle het hom eenvoudig deur die venster van sy voertuig doodgeskiet, sonder enige rede! Die drie swart mans het die misdaadtoneel gevlug in die rigting van Muzenville, Krugersdorp.

Die moordenaars is weg met die jong Donovan se telefoon. Dit is al wat sy lewe vir hulle werd was, ‘n selfoon. Donovan se beste vriend en ‘n ander vroulike vriend het probeer kyk of Donovan nog leef, maar hy was duidelik dood. Donovan was ‘n vriendelike jong man volgens sy gesin en het vir sy gesin en sy motor gelewe. Hy was ook mal oor motorsport.

Donovan se suster Yvette, vertel dat hy graag grappies vertel het en ‘n spesiale plek in baie harte van familie en vriende gehad het. Donovan is in Krugersdorp gebore en het saam met sy ouers na Alberton verhuis, voordat die gesin na Krugersdorp teruggekeer het, waar Donovan sy hoërskoolopleiding aan die HTS Nic Diederichs voltooi het.

Yvette het ten slotte almal bedank wat die gesin in hul hartseer tyd ondersteun het. Die feit dat die hoofstroommedia in Suid-Afrika nie verslag doen oor voorvalle soos dié moord op jong Donovan Visagie nie, vertel U iets van hul agenda en prioriteite…

swart handwapen

 

Lees ook: Slagting van blankes duur voort – Middeljarige vrou wreedaardig vermoor tydens plaasaanval deur 4 swart barbare


 

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.