Bejaardes lê ure vasgebind na plaasaanvallers inreek by hul plaashuis naby Pretoria

’n Egpaar van in hul 80’s moes heelaand vasgebind lê terwyl rowers hul plaashuis geplunder het. James (84) en Lenie Leask (87) van Boekenhoutskloofdrift, tussen Pretoria en Cullinan, kon eers Maandagoggend om 07:00 hulp ontbied toe hul werkers ingekom het. André van Heerden van die Cullinan-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) sê die egpaar is nie seker presies wanneer die aanvallers Sondagaand die huis ingekom het nie, maar hulle het wakker geword toe ’n flitslig in hul oë geskyn word. Dit is onbekend of die rowers gewapen was, maar daar was vermoedelik drie van hulle. Hulle het die diefwering voor een van die vensters afgeknip, waarna hulle die slapende Leasks in hul slaapkamer verras het. “Die slagoffers is met elektriese koorde vasgebind en die kamerdeur is van buite af gesluit. Daarna het die rowers deur die hele huis, byna elke laai en kas, gegrawe. “Hulle het van die drank in die huis gedrink en elektroniese toerusting, soos selfone, ’n televisie en skoot…
Read more
  • 0

Bekende skrywer, Tom Gouws op kleinhoewe buite Pretoria vermoor

Die bekende skrywer en letterkundige Tom Gouws is tydens ’n rooftog op sy kleinhoewe buite Pretoria vermoor deur aanvallers. Die nuus is bevestig deur sy suster Judy Leclerc. Volgens inligting ontvang van Judy het Tom en sy vrou onlangs ’n kleinhoewe buite Lynwood buite Pretoria gekoop waar hul ’n huis gebou het. Tom is na bewering deur rowers by die huis ingewag waar hy koelbloedig vermoor is. Sy vrou is ook tydens die aanval beseer, maar haar toestand is nie bekend gemaak nie. Daniël Gouws, Tom se seun het ook die voorval bevestig, maar was te hartseer om meer inligting te gee. Medelye het vroeg Donderdagoggend op Facebook ingestroom nadat die nuus soos ’n veldbrand versprei het. Fred en Mercia Eloff sê: “Tom ou maat, nou is jy waar Vader is. Vertroosting toegebid vir die familie.” “Sjoe Tom ... nou is jy elke dag saam met my .... WOLK van Getuie en moedig my aan. My meegevoel aan familie wat hier deur werk”, lui ’n inskrywing van Christa Stander. Tom …
Read more
  • 0

Plaasaanval: Terroriste skiet man voor sy dogter, verloofde

'n Man is Woensdag in die vroeë oggendure ten aanskoue van sy sesjarige dogter en sy verloofde geskiet toe inbrekers toegang tot hul huis op ’n plaas in Leeuwfontein naby Roodeplaat in Pretoria wou verkry. Jonty Jacobs (28) is verskeie kere raakgeskiet toe hy op die aanvallers geskree het. Hy is in ’n kritieke toestand na die Steve Biko- akademiese hospitaal geneem. “Hy het tussen 02:00 en 03:00 wakker geword toe iemand die houtraam van die venster probeer oopbreek het,” sê Ian Cameron, die burgerregte-organisasie AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid. “Hy is meer as een keer getref, vermoedelik ook in die ruggraat. “Hulle het ’n week of twee gelede verloof geraak,” sê hy. Sers. Portia Maleka, polisiewoordvoerder, sê die polisie het Woensdag omstreeks 03:00 gereageer op die voorval. Sy sê ’n aantal aanvallers het toegang tot die huis verkry deur ’n venster voor in die huis. “Toe hulle binne die huis was, het hulle vir Jacobs binne die huis gevind. …
Read more
  • 0

Jong vrou by Voortrekkermonument verkrag

’n Negentienjarige vrou is verkrag by die Voortrekkermonument in Pretoria Woordvoerder van die polisie Kapt. Augustinah Selepe, het die voorval bevestig en gesê dat die insident Saterdagoggend omstreeks 08:00 plaasgevind. Bert Visser, operasionele bestuurder van die Voortrekkermonument, het gesê dat die vrou se ma-hulle het ʼn stalletjie gehad by die antiek-en-versamelaarsmark wat Saterdag by die monument aangebied is. “Haar ma het haar gevra om na haar sussie te gaan soek en sy het na die Assegaai-badkamers se kant toe geloop. Hulle is besig om herstelwerk aan daardie badkamers te doen en dit is afgesper. Die aanvaller het haar toe glo daar genader en in die maag geslaan en opdrag gegee om saam met hom na die Skool op Wiele se badkamers te gaan,” vertel Visser gesê. Die slagoffer het bekend gemaak dat die man ’n swart klapmus, swart handskoene en swart klere aangehad het. Na bewering het hy haar in die eerste hokkie van die badkamers verkrag en na die tyd opdrag geg…
Read more
  • 0

Voortrekker meisies word aangeval by die Voortrekkermonument in Pretoria

“Dis jammer dat kinders weens die misdaadsituasie in ons land nie meer gewone dinge kan doen nie. ’n Mens is oral weerloos, maak nie saak hoe goed jy voorsorg tref nie.” Dr. Danie Langner, hoofleier van die Voortrekkers, het Sondag só gereageer nadat ’n groep gr. 7-meisies Vrydagaand op ’n Voortrekkerkamp by die Voortrekkermonument in Pretoria aangeval is. Een van die offisiere wat by die meisies was, is van haar handsak en selfoon beroof en moes steke kry nadat die rower haar aangerand het. Die meisies van die Klapperkop-kommando is nie beseer nie, maar erg getraumatiseer. Arden du Plessis (13) het vertel hoe iemand hulle tydens ’n nagwag omstreeks 23:00 vanuit die bosse met klippe bestook het. “Toe storm hy met ’n doringtak in sy hande uit die bosse. Hy het ons omgestamp.” Die aanvaller het die een offisier platgeduik en haar begin slaan. “Daar was baie bloed,” sê Arden. Die rower het kort daarna gevlug, en die kinders het voertuie daar naby voorgekeer. “Ons is ge…
Read more
  • 0

Passasiers val treindrywers met klippe aan by Koedoespoort-treinstasie in Pretoria

Ontstoke passasiers by die Koedoespoort-treinstasie in Pretoria het twee treindrywers van die United National Transport Union (Untu) aangeval en die bestuurskajuite met klippe bestook. Dit volg nadat Metrorail-treine Woensdagoggend vertraag was. Luidens ’n verklaring deur Untu, het albei “ervare” treindrywers gevrees vir hul lewe en die lewe van die twee studente wat saam met hulle in die kajuit was. “Die passasiers het groot klippe voor die trein gepak en die trein met klippe gegooi. Die glas en klippe het op ons neergestort,” sê Kgaripane Mogashoa (42) in die verklaring. Sy het die treinbeheerbeampte gebel en is gemagtig om met die roete voort te gaan. Mogashoa was op pad van Pienaarspoort na Pretoria, maar moes noodgedwonge by ’n rooi sein stop. Volgens Mogashoa was die student wat saam met haar was, histeries. Die trein het veilig by die Pretoria-treinstasie aangekom. Mogashoa en die student ontvang berading. Sy was ook die treindrywer wat twee ja…
Read more
  • 0