Ses Gewapende Plaasaanvallers Dwing Werkers om Boer en Vrou uit Huis te Lok, om op Hulle te Skiet!

Ses gewapende plaasaanvallers het ‘n boer se werkers gebruik om hom en sy vrou uit die huis te lok in die vroeë oggendure in Noordwes. Die ses gewapende aanvallers het die werkers oorval, aangerand en vasgebind. Een van die werkers was forseer om die boer te bel, en ‘n lokval op te stel met die storie dat een van hulle siek is en dadelik hulp nodig het. Op hierdie manier is Gert en Elna Botha, uit hul huis gelok. Nodeloos om te se, het die aanvallers op die egpaar se voertuig losgebrand, die oomblik toe hulle by die werkers stilgehou het. (more…)
Read more
  • 0

Jong vrou by Voortrekkermonument verkrag

’n Negentienjarige vrou is verkrag by die Voortrekkermonument in Pretoria Woordvoerder van die polisie Kapt. Augustinah Selepe, het die voorval bevestig en gesê dat die insident Saterdagoggend omstreeks 08:00 plaasgevind. Bert Visser, operasionele bestuurder van die Voortrekkermonument, het gesê dat die vrou se ma-hulle het ʼn stalletjie gehad by die antiek-en-versamelaarsmark wat Saterdag by die monument aangebied is. “Haar ma het haar gevra om na haar sussie te gaan soek en sy het na die Assegaai-badkamers se kant toe geloop. Hulle is besig om herstelwerk aan daardie badkamers te doen en dit is afgesper. Die aanvaller het haar toe glo daar genader en in die maag geslaan en opdrag gegee om saam met hom na die Skool op Wiele se badkamers te gaan,” vertel Visser gesê. Die slagoffer het bekend gemaak dat die man ’n swart klapmus, swart handskoene en swart klere aangehad het. Na bewering het hy haar in die eerste hokkie van die badkamers verkrag en na die tyd opdrag geg…
Read more
  • 0

Voortrekker meisies word aangeval by die Voortrekkermonument in Pretoria

“Dis jammer dat kinders weens die misdaadsituasie in ons land nie meer gewone dinge kan doen nie. ’n Mens is oral weerloos, maak nie saak hoe goed jy voorsorg tref nie.” Dr. Danie Langner, hoofleier van die Voortrekkers, het Sondag só gereageer nadat ’n groep gr. 7-meisies Vrydagaand op ’n Voortrekkerkamp by die Voortrekkermonument in Pretoria aangeval is. Een van die offisiere wat by die meisies was, is van haar handsak en selfoon beroof en moes steke kry nadat die rower haar aangerand het. Die meisies van die Klapperkop-kommando is nie beseer nie, maar erg getraumatiseer. Arden du Plessis (13) het vertel hoe iemand hulle tydens ’n nagwag omstreeks 23:00 vanuit die bosse met klippe bestook het. “Toe storm hy met ’n doringtak in sy hande uit die bosse. Hy het ons omgestamp.” Die aanvaller het die een offisier platgeduik en haar begin slaan. “Daar was baie bloed,” sê Arden. Die rower het kort daarna gevlug, en die kinders het voertuie daar naby voorgekeer. “Ons is ge…
Read more
  • 0