AfriForum begin met regstappe teen onwettige tariefverhogings vir Pretorianers wat die Tshwane-metroraad vandeesweek sonder die goedkeuring van Nersa ingestel het

Inwoners van Pretoria en die groter metro sal moet saamstaan teen die onwettige tariefverhogings wat die Tshwane-metroraad vandeesweek sonder die goedkeuring van Nersa ingestel het. Om dié onwettige optrede om te draai, het AfriForum gister hofstukke op die metroraad en Nersa beteken nadat dié munisipaliteit sedert die begin van die maand voortgegaan het om onwettige elektrisiteitverhogings sonder Nersa se goedkeuring te implementeer. Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria, hou die Tshwane-metro vol dat hulle die uitvoerende gesag is en daarom die verhoogde tarief sonder die nodige goedkeuring van Nersa mag implementeer. “Kragtens die wet is die Tshwane-metro nie by magte om die tarief te implementeer nie en ons sal teen dié onbillikheid optree. Aangesien nóg Nersa nóg die Tshwane-metro op enige van AfriForum se skrywes gereageer het, is daar geen ander remedie as om die dringende hof te nader nie,” sê Grobbelaar. Kragtens artikel 14 …
Read more
  • 0

Pa van twee veg vir sy lewe na 6 skote hom tref tydens huisinbraak

Jan Schoeman ’n pa van twee, veg vir sy lewe in die intensiewe-sorgeenheid van Netcare Montana hospitaal na rowers hom ses keer geskiet het tydens ’n huisbraak in Pretoria-Noord.  Twee verdagtes het van die skiettoeneel gevlug,  met slegs die gesin se TV en ’n skoolsak in hul besit.  Die aanval vorm deel van die terreur wat tans daagliks teen inwoners, feitlik almal blank, in die land gevoer word. Wat veronderstel was om ’n normale weeksdag vir die Schoeman-gesin moes wees, het ontaard in ’n nagmerrie toe rowers vroegoggend by hul woning ingebreek het.  Schoeman se vrou vertel dat sy besig was in die  kombuis,  toe sy ’n slag hoor van ’n venster wat breek.  Schoeman het ondersoek kom instel en hom vasgeloop in die rowers waartydens ’n struweling ontstaan en skote afgevuur is.  Sy vertel haar man is per ambulans hospitaal toe geneem, waar hy onder sedasie geplaas is, sy toestand is kritiek.  Polisiewoordvoerder Kaptein Matthews Nkoadi het bevestig dat ’n saak van poging tot m…
Read more
  • 0

Gerugte doen die rondte dat 5 DA lede slegs op die stadsraad van Pretoria dien weens hul skelmstreke met nominasies

Van die sowat 93 lede van die DA wat dien in die stadsraad van Pretoria, is da blykbaar 5 lede wat onwettig op die raad is weens bedrog met nominasies. Die vyf lede kan uitgeskakel word indien die beskuldigings teen hulle bewys word en hulle skuldig bevind sou word. Die party se federale regskommissie ondersoek glo die aangeleentheid, en indien bevind word dat die vyf lede nie korrek genomineer is nie, sal hulle as onwettige indringers beskou word. John Moodey, ’n provinsiale leier van die linkse party het bevestig dat ondersoek na die vyf persone se nominasies gedoen word. Politieke waarnemers sê dit sal goed gemoniteer word of die vyf lede, wanneer hulle moontlik skuldig bewys word, die aansienlike bedrae wat hulle wederregtelik ontvang het, gaan terugbetaal. -Die Vryburger Hierdie berig weerspieël nie noodwendig die mening van SAUK-nuus nie.
Read more
  • 0

Pretoria FM maak planne bekend om nuwe Afrikaanse-musiek toekenningsgeleentheid te loods

Die Afrikaanse gemeenskapstasie, Pretoria FM, het pas planne bekendgemaak om ‘n nuwe Afrikaanse-musiek toekenningsgeleentheid van stapel te stuur. Die uitvoerende Hoof van Pretoria FM, Mnr Hennie Koortzen het in ‘n verklaring gesê die radiostasie het groot waardering vir die werk van alle Afrikaanse liedjieskrywers en sangers, wat deurgaans werk van hoë gehalte lewer en wil verseker dat hulle die nodige erkenning in die musiekbedryf ontvang. “Ons is verder van mening dat sulke toekennings in alle opsigte deursigtig en geloofwaardig moet wees en dat die gehalte van musiek en lirieke die enigste kriteria moet wees waarop beoordeling moet geskied”, het Koortzen bygevoeg. Pretoria FM kondig dus met trots aan dat die stasie se bestuur besluit het om ‘n splinternuwe glansgeleentheid te skep waartydens Afrikaanse musiek en kunstenaars van gehalte, beloon kan word vir die bydrae wat hulle tot musiek en die kunste in sy geheel lewer. Die nuwe toekenningsgeleentheid beloof om…
Read more
  • 0

Wanneer jy die nodige aandag wil verkry van mense en instansies, trek net jou klere uit – Vrou betoog in skrapse klere voor Uniegebou omdat Unisa en die polisie haar mishandel

’n Skraps geklede vrou wat voor die Uniegebou in Pretoria betoog het, is Woensdagoggend in hegtenis geneem. Gugu Ncube sê sy het betoog omdat Unisa en die polisie haar mishandel het. Haar baas by ’n sentrum wat voorheen deur Unisa geborg is, het volgens haar gevra vir seks as sy haar werk wil behou. Sy sê bewerings dat sy bedank het, is vals. “Ek wil hê Unisa se bestuur moet my bedankingsbrief wat hulle beweer ek geskryf het, aan die hele land, die Thuma-stigting, die kommissie vir geslagsgelykheid en ander belanghebbendes wys.” Volgens haar het sy in haar broekie en ’n klein toppie betoog omdat sy “niks meer het om te beskerm nie”. “Naaktheid is ’n teken dat ek van my waardigheid ontneem is. My waardigheid is weg.” Gugu Ncube Gugu Ncube betoog voor die Uniegebou voordat die polisie haar in hegtenis geneem het. Ncube wil hê pres. Cyril Ramaphosa moet kennis neem van die beweerde mishandeling. Volgens haar is sy deur die polisie mishandel toe sy haar b…
Read more
  • 0

Tuks faseer tans Afrikaans uit as onderrigtaal – slegs Engels sal nou as primêre taal van kommunikasie en administrasie gebruik word

Die Universiteit van Pretoria tans besig om Afrikaans as die amptelike onderrigtaal by al sy kampusse en koshuise uit te faseer. Die universiteit sal nou slegs Engels as primêre taal van kommunikasie en administrasie gebruik. Rikus Delport, woordvoerder van die Universiteit, het gesê die beleid is in 2016 deur die universiteit se raad en senaat aangeneem ná 'n uitgebreide konsultasieproses en aanbevelings van alle belanghebbende partye. "Die verandering in beleid is daarop gemik om maatskaplike samehorigheid te fasiliteer en die universiteit sal steeds meertaligheid omhels en aanmoedig om eenheid te bevorder en gelyke geleenthede vir sprekers van alle Suid-Afrikaanse tale te bied," het hy gesê. Delport het gesê die besluit van die onderskeie belangegroepe is deur die bevindings ingelig dat die persentasie studente wat hul huistaal as Afrikaans aangemeld het, tussen 1992 en 2015 van 85% tot 30% afgeneem het. "In 2016 het ongeveer 18% van die studente 'n voorkeur v…
Read more
  • 0

Liefde op eerste aansig? Kyk Weer? Maatjie.com het nou “Eerste Indrukke” – die vinnigste manier om konneksies te maak met ander.

Blaai deur profiele van mense wat by jou pasmaat se ligging en ouderdomsgroep pas, en gebaseer op jou eerste indruk (van hul fotos en 'Oor My' vertellings), dui aan of jy van hulle hou of nie. Niks wat jou aandag aflei nie. Vinnig. Eenvoudig. Vind Eerste Indrukke onder die Konneksies kieslys van ons werf. PROBEER EERSTE INDRUKKE SOMMER NOU: » https://www.sielsmaats.com Nou is 'n goeie tyd om jou 'Oor My' vertellings op te skerp en maak sommer seker dat jou beste foto's wys ;) Maatjies en Sielsmaats vind en ontmoet mekaar by Maatjie.com in Afrikaans. Teken GRATIS aan en snuffel... Maatjie.com bied 'n veilige, sekuur en anonieme wyse om mense van jou keuse te vind en mee te kommunikeer, in Afrikaans (Nederlands en Duits ook). Hoe werk dit? In 'n neutedop kies jy 'n skuilnaam (gebruikersnaam of alias) en stel 'n profiel op waarin jy jouself, sowel as die tipe persoon en verhouding waarna jy opsoek is, beskryf. Jy kan ander mense se profiele besigtig deur die werf te deursoek …
Read more
  • 0

Uitnodiging na inligtingsaand oor belegging in Gannabos-behuisingsprojek

Orania-ondersteuners in Gauteng word uitgenooi na ’n inligtingsgeleentheid oor die Gannabos-behuisingsprojek op Maandag 18 Junie om 18:00 by die kantoor van Solidariteit in Pretoria. Die doel van die geleentheid is om aan voornemende beleggers te verduidelik hoe jy vir so min as R25 000 as belegger tot Orania se eiendomsmark kan toetree. Die eerste fase van die Gannabos-projek is reeds ’n sukses met alle voltooide wooneenhede wat onmiddellik opgeraap word en ’n lang waglys van potensiële huurders. Beleggers vir die volgende fase word tans gewerf. Persone wat belangstel om die geleentheid by te woon moet voor of op Vrydag 15 Junie 2018 vir Appie Pienaar by appie@solidariteit.co.za laat weet.
Read more
  • 0

Standbeeld van Paul Kruger gaan dalk vervang word met die van veroordeelde misdadiger, Winnie Mandela

As die EFF sy sin kry, gaan die standbeeld van ZAR president Paul Kruger, vervang word met die veroordeelde misdadiger, Winnie Mandela. Nie te lank gelede nie het die EFF nog gedreig om die Kruger-standbeeld te vernietig, en het nou “amptelik” gevra dat die beeld gesloop moet word om vir Winnie Mandela plek te maak. ‘n EFF-raadslid, ene Moaferika Mabogoane, het Paul Kruger, in dieselfde asem as John Vorster en Hendrik Verwoerd, “rassistiese apartheidsleiers” en “donker figure van ons lelike verlede” genoem. Die Vryburger
Read more
  • 0