Pretoria FM maak planne bekend om nuwe Afrikaanse-musiek toekenningsgeleentheid te loods

Die Afrikaanse gemeenskapstasie, Pretoria FM, het pas planne bekendgemaak om ‘n nuwe Afrikaanse-musiek toekenningsgeleentheid van stapel te stuur. Die uitvoerende Hoof van Pretoria FM, Mnr Hennie Koortzen het in ‘n verklaring gesê die radiostasie het groot waardering vir die werk van alle Afrikaanse liedjieskrywers en sangers, wat deurgaans werk van hoë gehalte lewer en wil verseker dat hulle die nodige erkenning in die musiekbedryf ontvang. “Ons is verder van mening dat sulke toekennings in alle opsigte deursigtig en geloofwaardig moet wees en dat die gehalte van musiek en lirieke die enigste kriteria moet wees waarop beoordeling moet geskied”, het Koortzen bygevoeg. Pretoria FM kondig dus met trots aan dat die stasie se bestuur besluit het om ‘n splinternuwe glansgeleentheid te skep waartydens Afrikaanse musiek en kunstenaars van gehalte, beloon kan word vir die bydrae wat hulle tot musiek en die kunste in sy geheel lewer. Die nuwe toekenningsgeleentheid beloof om…
Read more
  • 0