SABC Wil SAUKnuus Sensuur en Toemaak! Moet Ons vir Ons Erfenis Veg of Ingee en Naam Verander?

Dringende Uitroep tot Aksie: Die ANC se SABC hou nie van ons berigte nie, en hulle dreig ons met dagvaardings omdat ons "nie inhoud sensuur nie, en nie hul fact-checkers" gebruik nie. Soos baie weet, as deel van hul poging om Afrikaans tot niet te maak, het de SABC dekades laas die SAUK naam amptelik gebruik, en het ons uitgelos vir die byna 20 jaar wat ons die sauk.co.za domein besit, en die SAUK naam gebruik vir ons Afrikaanse Nuus en Radio. Maar nou dat ons meer aandag trek, met byna 80,000 volgers op FB, meer as 135,000 unieke kuiermense op elk van ons webwerf en radio per maand, en waar ons die ANC se haat en foute daagliks uitbasuin, het hulle besluit om ons te probeer stilmaak. Ons kan natuurlik net ingee en ons naam verander, maar almal weet "SAUK" en "ANC" hoort nie saam nie. SABC lieg en eis dat hulle "in die SAUK naam belê", maar ons kon oor die jare nêrens bewyse daarvan vind nie, inderdaad, ons kon geen plek vind waar hulle die SAUK naam amptelik gebruik nie, selfs…
Read more
  • 0

Die ander Elana Barkhuizen: 3 jaar na vals aanklagtes oor rassisme, nog GEEN verskoning aan Annel Engelbrecht van Koeitjies en Kalfies Creche van rassistiese Panyaza Lesufi nie!

Annel Engelbrecht, eienaar van die Koeitjies- en Kalfies-creche in Centurion, ly steeds aan die gevolge van 'n valse rassisme-voorval wat vervaardig is deur 'n rasende swart moeder wat deur Panyaza Lesufi, die welbekende haat van Afrikaans sprekende skole en LUR vir onderwys in Gauteng, gefabriseer is. Terwyl die res van die land vêrder aan beweeg het as gevolg van hoofstroom media voorval al vergeet en ignoreer het, word haar reputasie steeds benadeel en ly sy steeds finansieel weens die vals en onwaar bewerings. Dit is omdat voornemende kliënte die naam van haar creche op ‘google’ om hul navorsing te doen voordat hulle hul kinders daar plaas, en sy glo dat die negatiewe soekresultate wat die voorval tot gevolg het, haar voornemende plasings kos. Omdat sy nooit verskoning gekry het nadat sy vals beskuldig is van rassisme nie, het sy geen manier om die bewering opnuut teen te werk nie. Hierdie arme vrou is in 2016 'n slagoffer van die valse rassistiese beskuldigers gemaak toe…
Read more
  • 0

SA ekonomie die swakste in 20 jaar danksy die onvermoë en korrupsie van die ANC regering

Die sakevertroue het die afgelope maand tot ’n nuwe laagtepunt gedaal, en groot instansies skilder dit as die swakste toestand van die afgelope 20 jaar. Volgens ’n meningspeiling word al meer sakeondernemings pessimisties oor die vooruitsigte, en ’n toename in sakelui wat nie uitkoms sien nie, word ’n onrusbarende verskynsel. Die Universiteit van Stellenbosch se Buro vir Ekonomiese Navorsing se sy sake vertroue indeks het tot ’n laagtepunt gedaal van 21 punte. Voor die aanvang van die derde kwartaal het die indeks syfer nog op 28 gestaan, en die drastiese daling het sakelui nou baie bekommerd gemaak aangesien dit die laagste vlak is sedert 1998. Wat meer kommer veroorsaak is die uitsigloosheid van die toestand weens die onvermoë van die ANC regering om in te gryp en sterk leiding te gee.
Read more
  • 0

Video: Chaos in Pretoria se CBD – Polisie se swak optrede en houding is slegter as die van kriminele

Taxi eienaars, sakelui en inwoners wat die chaos in Pretoria beleef het, sê die polisie se swak optrede en onverskillige houding was slegter as wat die kriminele elemente is. ’n Taxi bestuurder het aan die media gesê Suid-Afrika sal nooit uit die gemors kom solank hy tevrede is met die swak polisiediens nie, veral omdat hulle slegter as die misdadigers is. ’n Ander persoon het daarop gewys dat hy die afgelope ses jaar gesien het hoe die polisie onskuldige mense mishandel terwyl die skuldige elemente skotvry kom. Die polisie het die afgelope paar dae verskeie kere met rubber koeëls die skare uitmekaar gejaag, en in die proses mense beseer wat geen verbintenis het met die oproerige gevegte in Pretoria se strate nie.
Read more
  • 0

Pretoria middestad in chaos gedompel – winkels is gestroop, geboue aan die brand gesteek en openbare vervoer opgeskort

Taxibestuurders het die strate ingevaar in Pretoria nadat een van hulle “kollegas” klaarblyklik deur ‘n uitlander gedood is. Verskeie winkels van uitlanders is gestroop en ‘n gebou is aan die brand gesteek. Pendelaars was gestrand nadat openbare vervoer opgeskort is. Die polisie moes oproeriges uitmekaar jaag wat die brandweervoertuie verhoed het om die toneel te bereik. Die burgemeester van Pretoria, Stephens Mokgalapa, het die optrede afgekeur en gesê dat vergeldings misdade nie verdra sal word nie. Verbygangers is met bottels en klippe bestook en veral media verteenwoordigers is met aggressie begroet. Pretoria se middestad is die afgelope twee dae in chaos gedompel, en mense word aangeraai om die deel van die stad te vermy.
Read more
  • 0

Myne Maatjies Dagsorgsentrum: Drie in hegtenis geneem by Randfontein crèche nadat kinders wreedaardig aangerand is – Ons behandel nie eens ons diere so nie

Drie mense is Donderdag in hegtenis geneem nadat video's van kleuters in 'n crèche aan die Wes-Rand aan die lig gekom het wat wys hoe hul geslaan word waaronder minstens een kind met 'n besem geslaan is. Ouers is woedend nadat hulle gesien het wat na bewering met hul kinders in die Myne Maatjies-dagsorgsentrum gebeur het. Polisiewoordvoerder Col Lungelo Dlamini het Donderdagaand aan TimesLIVE bevestig dat drie mense in hegtenis geneem is op aantygings van aanranding. Dit was nadat verskeie verklarings van ouers en getuies afgelê is, het Dlamini gesê. Hy het gesê dat ondersoeke na die beweerde mishandeling by die Myne Maatjies-dagsorgsentrum Donderdag begin is. 'Daar is ook op 'n hardeskyf vir verdere ondersoek beslag gelê. Meer inligting sal verskaf word namate die ondersoek ontwikkel,' het hy gesê. TimesLIVE het ook bevestig dat die departement van maatskaplike ontwikkeling in Gauteng ondersoek instel. Befoeterde ouers van kleuters in die kleuterskool in Randfontein het…
Read more
  • 0

AfriForum begin met regstappe teen onwettige tariefverhogings vir Pretorianers wat die Tshwane-metroraad vandeesweek sonder die goedkeuring van Nersa ingestel het

Inwoners van Pretoria en die groter metro sal moet saamstaan teen die onwettige tariefverhogings wat die Tshwane-metroraad vandeesweek sonder die goedkeuring van Nersa ingestel het. Om dié onwettige optrede om te draai, het AfriForum gister hofstukke op die metroraad en Nersa beteken nadat dié munisipaliteit sedert die begin van die maand voortgegaan het om onwettige elektrisiteitverhogings sonder Nersa se goedkeuring te implementeer. Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria, hou die Tshwane-metro vol dat hulle die uitvoerende gesag is en daarom die verhoogde tarief sonder die nodige goedkeuring van Nersa mag implementeer. “Kragtens die wet is die Tshwane-metro nie by magte om die tarief te implementeer nie en ons sal teen dié onbillikheid optree. Aangesien nóg Nersa nóg die Tshwane-metro op enige van AfriForum se skrywes gereageer het, is daar geen ander remedie as om die dringende hof te nader nie,” sê Grobbelaar. Kragtens artikel 14 …
Read more
  • 0

Gerugte doen die rondte dat 5 DA lede slegs op die stadsraad van Pretoria dien weens hul skelmstreke met nominasies

Van die sowat 93 lede van die DA wat dien in die stadsraad van Pretoria, is da blykbaar 5 lede wat onwettig op die raad is weens bedrog met nominasies. Die vyf lede kan uitgeskakel word indien die beskuldigings teen hulle bewys word en hulle skuldig bevind sou word. Die party se federale regskommissie ondersoek glo die aangeleentheid, en indien bevind word dat die vyf lede nie korrek genomineer is nie, sal hulle as onwettige indringers beskou word. John Moodey, ’n provinsiale leier van die linkse party het bevestig dat ondersoek na die vyf persone se nominasies gedoen word. Politieke waarnemers sê dit sal goed gemoniteer word of die vyf lede, wanneer hulle moontlik skuldig bewys word, die aansienlike bedrae wat hulle wederregtelik ontvang het, gaan terugbetaal. -Die Vryburger Hierdie berig weerspieël nie noodwendig die mening van SAUK-nuus nie.
Read more
  • 0

Standbeeld van Paul Kruger gaan dalk vervang word met die van veroordeelde misdadiger, Winnie Mandela

As die EFF sy sin kry, gaan die standbeeld van ZAR president Paul Kruger, vervang word met die veroordeelde misdadiger, Winnie Mandela. Nie te lank gelede nie het die EFF nog gedreig om die Kruger-standbeeld te vernietig, en het nou “amptelik” gevra dat die beeld gesloop moet word om vir Winnie Mandela plek te maak. ‘n EFF-raadslid, ene Moaferika Mabogoane, het Paul Kruger, in dieselfde asem as John Vorster en Hendrik Verwoerd, “rassistiese apartheidsleiers” en “donker figure van ons lelike verlede” genoem. Die Vryburger
Read more
  • 0