Video: Chaos in Pretoria se CBD – Polisie se swak optrede en houding is slegter as die van kriminele

Taxi eienaars, sakelui en inwoners wat die chaos in Pretoria beleef het, sê die polisie se swak optrede en onverskillige houding was slegter as wat die kriminele elemente is. ’n Taxi bestuurder het aan die media gesê Suid-Afrika sal nooit uit die gemors kom solank hy tevrede is met die swak polisiediens nie, veral omdat hulle slegter as die misdadigers is. ’n Ander persoon het daarop gewys dat hy die afgelope ses jaar gesien het hoe die polisie onskuldige mense mishandel terwyl die skuldige elemente skotvry kom. Die polisie het die afgelope paar dae verskeie kere met rubber koeëls die skare uitmekaar gejaag, en in die proses mense beseer wat geen verbintenis het met die oproerige gevegte in Pretoria se strate nie.
Read more
  • 0

Pretoria middestad in chaos gedompel – winkels is gestroop, geboue aan die brand gesteek en openbare vervoer opgeskort

Taxibestuurders het die strate ingevaar in Pretoria nadat een van hulle “kollegas” klaarblyklik deur ‘n uitlander gedood is. Verskeie winkels van uitlanders is gestroop en ‘n gebou is aan die brand gesteek. Pendelaars was gestrand nadat openbare vervoer opgeskort is. Die polisie moes oproeriges uitmekaar jaag wat die brandweervoertuie verhoed het om die toneel te bereik. Die burgemeester van Pretoria, Stephens Mokgalapa, het die optrede afgekeur en gesê dat vergeldings misdade nie verdra sal word nie. Verbygangers is met bottels en klippe bestook en veral media verteenwoordigers is met aggressie begroet. Pretoria se middestad is die afgelope twee dae in chaos gedompel, en mense word aangeraai om die deel van die stad te vermy.
Read more
  • 0

Polisie slaan toe in Pretoria metro, 489 wetsoortreders vas getrek

Die polisie het in die groter Pretoria toegeslaan en 489 mense gearresteer gedurende die naweek toe agt padblokkades opgerig is om wetsoortreders vas te trek. ’n Polisie woordvoerder sê daar is op talle aspekte gefokus, en mense met onpadwaardige voertuie, bestuurders sonder ’n lisensie, dronk bestuurders, is almal vasgetrek. Talle sonder rybewyse, ander met ongeregistreerde vuurwapens, en talle ander oortredings het deel uitgemaak van die naweek se misdaad bekamping aksie. Die polisie en verkeersowerheid het ’n gesamentlike poging aangewend wat as uiters suksesvol beskryf is, en talle mense is gearresteer met dwelmmiddels in hulle besit. -Vryburger
Read more
  • 0

AfriForum begin met regstappe teen onwettige tariefverhogings vir Pretorianers wat die Tshwane-metroraad vandeesweek sonder die goedkeuring van Nersa ingestel het

Inwoners van Pretoria en die groter metro sal moet saamstaan teen die onwettige tariefverhogings wat die Tshwane-metroraad vandeesweek sonder die goedkeuring van Nersa ingestel het. Om dié onwettige optrede om te draai, het AfriForum gister hofstukke op die metroraad en Nersa beteken nadat dié munisipaliteit sedert die begin van die maand voortgegaan het om onwettige elektrisiteitverhogings sonder Nersa se goedkeuring te implementeer. Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria, hou die Tshwane-metro vol dat hulle die uitvoerende gesag is en daarom die verhoogde tarief sonder die nodige goedkeuring van Nersa mag implementeer. “Kragtens die wet is die Tshwane-metro nie by magte om die tarief te implementeer nie en ons sal teen dié onbillikheid optree. Aangesien nóg Nersa nóg die Tshwane-metro op enige van AfriForum se skrywes gereageer het, is daar geen ander remedie as om die dringende hof te nader nie,” sê Grobbelaar. Kragtens artikel 14 …
Read more
  • 0

Reeksmoordenaar los in Pretoria wat op haweloses teer – Lyk van 5de hawelose man in Pretoria gekry

Die polisie het Woensdag die lyk van 'n vyfde hawelose slagoffer in Pretoria gekry nadat vier hawelose mans reeds die afgelope paar weke vermoor is. Brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder, sê hulle het 'n taakspan op die been gebring om die moorde te ondersoek nadat die vyfde lyk sowat 400 m van die Unisa-kampus in Muckleneuk gevind is. "Die polisie kan bevestig dat minstens vyf lyke tot dusver gekry is. Die lyke is oor die bestek van twee tot drie weke gevind, in verskillende dele van Muckleneuk in die Pretoriase middestad." Peters sê die ondersoek is steeds aan die gang, maar die polisie kan reeds bevestig dat die vermoordes almal middeljarige, hawelose mans is, wat in die nag vermoor is. Sy sê lt.genl. Elias Mawela, Gauteng se polisiehoof, het 'n taakspan op die been gebring om die moorde te prioritiseer sodat hulle kan seker maak die skuldiges word so gou moontlik gevang. Muckleneuk 'n Bebloede kombers en blou handskoen lê in die Magnoliadalpark waar …
Read more
  • 0

Pa van twee veg vir sy lewe na 6 skote hom tref tydens huisinbraak

Jan Schoeman ’n pa van twee, veg vir sy lewe in die intensiewe-sorgeenheid van Netcare Montana hospitaal na rowers hom ses keer geskiet het tydens ’n huisbraak in Pretoria-Noord.  Twee verdagtes het van die skiettoeneel gevlug,  met slegs die gesin se TV en ’n skoolsak in hul besit.  Die aanval vorm deel van die terreur wat tans daagliks teen inwoners, feitlik almal blank, in die land gevoer word. Wat veronderstel was om ’n normale weeksdag vir die Schoeman-gesin moes wees, het ontaard in ’n nagmerrie toe rowers vroegoggend by hul woning ingebreek het.  Schoeman se vrou vertel dat sy besig was in die  kombuis,  toe sy ’n slag hoor van ’n venster wat breek.  Schoeman het ondersoek kom instel en hom vasgeloop in die rowers waartydens ’n struweling ontstaan en skote afgevuur is.  Sy vertel haar man is per ambulans hospitaal toe geneem, waar hy onder sedasie geplaas is, sy toestand is kritiek.  Polisiewoordvoerder Kaptein Matthews Nkoadi het bevestig dat ’n saak van poging tot m…
Read more
  • 0

Gerugte doen die rondte dat 5 DA lede slegs op die stadsraad van Pretoria dien weens hul skelmstreke met nominasies

Van die sowat 93 lede van die DA wat dien in die stadsraad van Pretoria, is da blykbaar 5 lede wat onwettig op die raad is weens bedrog met nominasies. Die vyf lede kan uitgeskakel word indien die beskuldigings teen hulle bewys word en hulle skuldig bevind sou word. Die party se federale regskommissie ondersoek glo die aangeleentheid, en indien bevind word dat die vyf lede nie korrek genomineer is nie, sal hulle as onwettige indringers beskou word. John Moodey, ’n provinsiale leier van die linkse party het bevestig dat ondersoek na die vyf persone se nominasies gedoen word. Politieke waarnemers sê dit sal goed gemoniteer word of die vyf lede, wanneer hulle moontlik skuldig bewys word, die aansienlike bedrae wat hulle wederregtelik ontvang het, gaan terugbetaal. -Die Vryburger Hierdie berig weerspieël nie noodwendig die mening van SAUK-nuus nie.
Read more
  • 0

Motoriste word gewaarsku dat boewe bedrywig is op die N4 – Oos snelweg op die Cullinan/Rayton afrit en die Diamond Hill tol-plaza

Vyf voertuie se bande is in die vroeë oggendure van 27 Maart voor die tol-plaza beskadig. Dit wil voorkom asof skerp voorwerpe en hindernisse op daardie pad geplaas word om motoriste te dwing om stil te hou sodat hulle beroof kan word. ‘n Vrou wat in ‘n oostelike rigting op die snelweg gery het, berig dat sy oor twee onbekende hindernisse gery het en twee pap wiele gekry het. Sy het besluit om nie stil te hou nie en het deur die tolhek gery en by The Rose vulstasie aangedoen om na die skade te kyk. By die vulstasie het sy vier ander voertuie met beskadigde bande gevind en van daardie motors het al vier bande verloor. Volgens ‘n sekuriteit firma van Bronkhorstspruit was ten minste een ander motoris nie so gelukkig nie Hy het daardie nag van die pad afgetrek om insleep-dienste te skakel nadat sy bande beskadig is en is dadelik beroof. ‘n Polisiewoordvoerder sê dat die polisie bewus is van die probleem en die snelweg gereeld patrolleer. Verlede maand is ‘n Tradevest Logistic…
Read more
  • 0

AfriForum dagvaar polisie om vir onwettige grondgryp te betaal – Polisie het versuim om hul pligte tydens ’n grondgryp naby Onderstepoort in Pretoria, uit te voer

Die verontregte eienaar van ’n plaas naby Onderstepoort in Pretoria het vandag in samewerking met AfriForum ’n dagvaarding uitgereik teen Bheki Cele, minister van polisie, om die kostes en uitgawes verbonde aan ’n dringende uitsettingsaansoek in 2018 te verhaal. Die polisie het versuim om hul pligte tydens ’n grondgryp wat op die perseel plaasgevind het, uit te voer. Die polisie het in Augustus verlede jaar geweier om dr. Motodi Maserumule by te staan om betreders te arresteer wat sy grond wederregtelik betree en begin het om strukture op te rig. Dr. Maserumule het AfriForum genader en ’n dringende hofbevel bekom wat gelas het dat die betreders verwyder word, en dat die polisie die balju daarmee behulpsaam moet wees. Dr. Maserumule en AfriForum het die Rooimiere ’n mandaat gegee om die betreders en strukture te help verwyder. “AfriForum raak betrokke by sake soos hierdie om toe te sien dat die polisie gedwing word om hulle werk te doen. Ons hoop dat hierdie eis as afsk…
Read more
  • 0

Bejaardes lê ure vasgebind na plaasaanvallers inreek by hul plaashuis naby Pretoria

’n Egpaar van in hul 80’s moes heelaand vasgebind lê terwyl rowers hul plaashuis geplunder het. James (84) en Lenie Leask (87) van Boekenhoutskloofdrift, tussen Pretoria en Cullinan, kon eers Maandagoggend om 07:00 hulp ontbied toe hul werkers ingekom het. André van Heerden van die Cullinan-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) sê die egpaar is nie seker presies wanneer die aanvallers Sondagaand die huis ingekom het nie, maar hulle het wakker geword toe ’n flitslig in hul oë geskyn word. Dit is onbekend of die rowers gewapen was, maar daar was vermoedelik drie van hulle. Hulle het die diefwering voor een van die vensters afgeknip, waarna hulle die slapende Leasks in hul slaapkamer verras het. “Die slagoffers is met elektriese koorde vasgebind en die kamerdeur is van buite af gesluit. Daarna het die rowers deur die hele huis, byna elke laai en kas, gegrawe. “Hulle het van die drank in die huis gedrink en elektroniese toerusting, soos selfone, ’n televisie en skoot…
Read more
  • 0