Pretoria beplan aktivering van ou kragsentrales as plan B indien Eskom nie aan die aanvraag van elektrisiteit kan voorsien

Die Stadsraad van Pretoria is glo besig om die twee ou kragsentrales van die stad op te gradeer en weer in werking te stel in die lig van die onsekerheid oor kraglewering deur Eskom. Een kragsentrale in die westelike deel van die stad en die Rooiwal kragstasie beskik oor die gesamentlike potensiaal om 1,000 MW krag te lewer as hulle opgradeer word. Die twee aanlegte is aanvanklik opgerig om met antrasiet te werk, maar omdat die uitvoer prys daarvan baie goed is, het dit meer voordeel ingehou as wat dit met elektrisiteit opwekking is. Die omskakeling na steenkool kan bekostigbaar wees, maar inwoners sê die opgradering moet ook die versekering bied dat lugbesoedeling nie die stad onleefbaar maak nie. Deur: Die Vryburger Hierdie berig weerspieël nie noodwendig die mening van SAUK-nuus nie.
Read more
  • 0